IMG_1733

Ek kon nie die outjie van voor afneem nie, ek is maar nog in begin staduim van makro doen.

Views: 65

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Doretha Kock on January 14, 2018 at 9:33am

Pragtig en jy gaan nog baie en goeie raad kry by al die makro spesialiste.

Comment by Rita Koen on January 13, 2018 at 9:22pm

Baie baie mooi Bobby.  Makro fotografie bring beslis 'n onbekende wereld in die lig.

Comment by Christa Snyman on January 13, 2018 at 9:01pm

Pragtig skerp fokus, Bobby. Sien uit na nog baie foto's!

Comment by Gerrie Lambrechts on January 13, 2018 at 8:00pm

Skitterend, sommer mooi skerp.

Comment by Hennie Cronjé on January 13, 2018 at 6:42pm

Ek kan net beaam wat Johan hieronder sê. Tegnies is hierdie foto baie goed uitgevoer met baie mooi skerp fokus. Dit is soos jy sê - die gesiggie sou die foto goed gedoen het. Maar verder het jy baie goed gevaar. As jy nog oefen met makro, probeer bietjie wyer skiet met meer van die blom in. Dit maak dit makliker. Mettertyd kan jy jou spiere verder bult!

Comment by Johan Ayres on January 13, 2018 at 5:14pm

Dit is die rede waarom ons hier is, om te leer. Moet net nie ophou foto's plaas nie, asseblief, ek sal probeer help soveel ek kan, my ou maat. Baie mense is bang vir makro omdat hulle reken dit is moeilik. Maar ek verstaan makro só, en ek sal bly wees as Hennie en Josef hulle insette ook hier kan lewer asseblief: Al wat makro fotografie is, dit is al die basiese beginsels van fotografie, wat ons almal in elk geval ken (komposisie, beligting, velddiepte ens.) maar net geïntensifiseer. M.a.w. die velddiepte is kleiner, die beskikbare lig is minder ensovoorts. Maar indien jy hierdie beginsels nakom, het jy 'n suksesvolle foto. Die geheim is ook om baie, baie foto's neem. Oefen, oefen, oefen. Indien ek een suksesvolle foto van 'n insek plaas, het ek waarskynlik twintig foto's van dieselfde insek geneem en sewentien het asblik toe gegaan. Sterkte met jou makro reis, dit is 'n wonderlike veld. Ek sien uit daarna om jou reis saam met jou te volg.

Comment by Tersia Weitsz on January 13, 2018 at 2:00pm

Jammer jy kon hom nie van voor kry nie, tog goeie poging

Comment by Donald Daniel Jacobs on January 13, 2018 at 12:23pm

mooi poging

Comment by Anita du Toit on January 13, 2018 at 9:04am

Jy het sommer baie goed gevaar Bobby, stel kamera op continious en neem baaaaie foto's want geduld is die wagwoord met insekte.

Comment by Bobby Lowe on January 13, 2018 at 8:43am

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html