Terwyl ek met die kinders in die bos rondloop kom ons op hierdie mooi drakie af. Ons het hom suutjies gevolg en ‘n helepaar plekke gekry waar hy weggekruip het. Hier skuil hy is sy grot tussen die rotse! Hy was egter baie saggeaard en het nooit vuur geblaas nie. Ek was nogal jammer daaroor!

Views: 49

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on January 12, 2018 at 3:49pm

Josef behalwe die heerlike pret saam met jul kleinkinders, hou ek daarvan dat jy die 'drakie' van bo-af gefotografeer het.

Mooi skerp met helder kleure in die donker grot.

Comment by Elna Geringer on January 12, 2018 at 2:45pm

Josef, dit moet 'n fees wees om jou as oupa te hê!!!!!!!!!!!!!!! Pragtig

Comment by Josef Steyn on January 12, 2018 at 12:16pm

Dankie Elsa. Inderdaad.

Comment by Elsa crous on January 12, 2018 at 11:34am

Pragtig lyk of jy baie pret met die klein kinders gehad het

Comment by Josef Steyn on January 12, 2018 at 11:01am

Dankie almal wat die draak saam met my geniet het!!

Comment by Doretha Kock on January 12, 2018 at 10:00am

Lieflik, Josef. Nog een vir die storieboek.

Comment by Tersia Weitsz on January 12, 2018 at 7:35am

Jy sit n glimlag op my gesig Josef, daardie feetjie en drake bos van jou lewer interessante goed op.  Moet nie ophou soek nie!

Comment by Willie Schoombee on January 12, 2018 at 7:04am

Josef ek is bly dit was ñ Drakie en nie ñ Spook nie. Ek kan sien jy het baie avontuur saam met die kleinkinders gehad.

Comment by Riaan on January 12, 2018 at 6:57am

Josef jou ou grapjas, dat jy nou sowaar soveel tyd aan 'n drakie spandeer wat nie eens vuur kan blaas nie (lol). ek hou van jou speelse kreatiwiteit wat dit verseker opwindend vir die kleinvolk gemaak het en wie weet dalk 'n fotografie saadjie gesaai het wat eendag geil kan ontkiem in pragtige fotografie

Comment by Gerrie Lambrechts on January 12, 2018 at 6:45am

Drakie staan pragtig skerp uit, mooi foto.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html