El sluit my vakansiefoto’s op ligte luim af. Nadat ek die drakie in sy klipgrot afgeneem het, het hy hom vervies en besluit om in die bos te gaan wegkruip. Na ‘n soektog kry ek hom in sy boomgrot. Ek was nogal gelukkig dat die sonnetjie so mooi deur ‘n gaatjie in die dak van sy wegkruipplek geskyn het. (‘n LED sonnetjie!) Dit het vir my ‘n baie mooi sybeligting verskaf.

Views: 52

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Josef Steyn on January 16, 2018 at 12:21pm

Dankie Elna. 

Comment by Elna Geringer on January 16, 2018 at 12:20pm

Perfek gedoen en ek hoop jy kon ook fotos van die kinders se gesigsuitdrukkinge neem.

Comment by Josef Steyn on January 15, 2018 at 7:54pm

Dankie almal wat gekyk het. Magda, hou in gedagte dat hy waarskynlik net daar aangekom het en nog nie tyd gehad het om die vloer te vee nie of dalk was sy huishulp met krismisverlof!

Comment by Riaan on January 15, 2018 at 7:32pm

jou toneeltjie is so lewensgetrou daar selfs twee ander drakies (linkbo en direk langs die punt van sy linkervlerk) kom inloer het wie die indringer is. Johan is in die kol, so maak nou-al back-up hiervan Josef

Comment by Magda vd Merwe on January 15, 2018 at 7:01pm

Josef dis n pragtige foto. Ek wonder net oor die blaartjies op die grond

te besig.

Comment by Tina le Grange on January 15, 2018 at 6:54pm

Josef die beligting en die drakie se skerp ogie maak hierdie afsluitingstoneel, ekstra spesiaal.

Ek bewonder jou geduld en kreatiwiteit.

Comment by Johan Ayres on January 15, 2018 at 6:20pm

Lekker herinneringe saam met die kleinkinders. Oor 10jr gaan hierdie 'n kosbare foto wees.

Comment by Gerrie Lambrechts on January 15, 2018 at 6:18pm

Die lig het mooi saam gespeel, mooi foto Josef.

Comment by Hennie Cronjé on January 15, 2018 at 5:41pm

Pragtig! Dis darem wonderlik as die elemente so saamspeel! Goed gedoen!

Comment by Josef Steyn on January 15, 2018 at 5:40pm

Dankie vir die kyk Tersia, Linda, Willie en Gabriel.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html