Hoe kleiner 'n paddastoeltjie is hoe beter leen hy hom tot 'n foto met vlak velddiepte. Die outjie het uit 'n boomstomp gegroei en ek kon my so posisioneer dat die agtergrond redelik ver agter die fungus was. Hy was seker so tussen 0,5 en 1 cm deursnit. Ek het f2,8 gebruik en dit is nie onmoontlik dat hierdie foto 'n samstelling van twee foto's is nie.

Views: 34

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by JJ on June 13, 2018 at 5:13pm

Dis pragtig! (Is die fokus meer bo- agter op die fungus, eerder as voor op die rand?)  Dis 'n pragtige foto en soos jou opmerking oor my vlieg wat oorheers, oorheers die pragtige paddastoeltjie die foto! Pragtig!!

Comment by Tina le Grange on June 13, 2018 at 3:51pm
Josef; die agtergrond, eenvoud en komposisie = skitterend
Jammer ek is tans agter met krit en hoop om spoedig in te haal.
Comment by Tersia Weitsz on June 13, 2018 at 1:48pm

Ek kan net sê WOW Josef!!!

Comment by Gerrie Lambrechts on June 13, 2018 at 12:21pm

Pragtig Josef, dankie vir die inligting.

Comment by Rika Schoeman on June 13, 2018 at 9:59am

Dit is 'n vreeslike klein paddastoeltjie! Pragtige komposisie met 'n goeie agtergrond. Baie goed gedoen.

Comment by gabriel parsons on June 13, 2018 at 8:50am

Baie goed gedoen Josef Baie mooi

Comment by Hennie Cronjé on June 13, 2018 at 8:22am

Dis pragtig! Baie goed uitgevoer met die mooi geblurde agtergrond. Dit laat die paddastoeltjie mooi en sterk uitstaan. Ook 'n goeie komposisie. Mooi!

Comment by Elna Geringer on June 13, 2018 at 4:51am

Dis ongelooflik wat die natuur op lewer en hoe lekker dat jy daar is om die foto te neem. Stunning Josef

Comment by Pieter Steyn on June 13, 2018 at 3:33am

Baie mooi een Josef

Comment by Anita du Toit on June 12, 2018 at 10:36pm

Dis pragtig en delikaat met uitstekende agtergrond!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html