My keuse vir die vrye-keuse tema is om foto's wat ek so deur die jare van irisse geneem het te plaas en dit af te wissel met ander foto's wat vir my 'n spesiale betekenis het. Vandag se iris is vir my spesiaal omdat dit so 'n baie donker kleur het en dit moeilik was om kontras in die blomblare te kry. Ek moes heelwat eksperimenteer met 'n weerkaatser en/of LED liggies voordat ek iets kon kry waarmee ek tevrede was. Dit was in vriende se tuin en ek is spesiaal opgekommandeer omdat dit 'n baie spesiale plant is wat vir die eerste keer geblom het. Tot 'n groot mate dus 'n rekordfoto maar ek het probeer om bietjie meer daarvan te maak.

Views: 29

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Mark on December 3, 2019 at 1:54pm

Jy kan baie gelukkig voel oor die foto, dit is spesiaal soos jy ook genoem het.

Comment by Tersia Weitsz on December 3, 2019 at 1:29pm

Jy is beloon  met n uitstekende foto vir jou moeite, ek het nog nie kleur gesien nie, vir my n Groot Wow foto!

Comment by gabriel parsons on December 3, 2019 at 1:20pm

Mooi Josef

Comment by Rika Schoeman on December 3, 2019 at 9:15am

Die beligting wat jy gebruik het werk uitstekend  en jy het ook daarin geslaag om die detail van die blom baie goed vas te vang. Welgedaan!

Comment by Pieter Steyn on December 3, 2019 at 6:35am

Baie baie mooi Josef

Comment by Anita du Toit on December 2, 2019 at 11:04pm
Jy het die lig goed aangewend om 'n pragfoto te maak Josef. ( Die tema vir die vlg 2 weke is jy moet die kamera uit sy sak uithaal, afstof en vir die 2 weke vars foto's neem.) Met die gedagte daaraan het my oog sommer allerhande dinge in die dorp vandag gesien en sommer 4 foto's geneem, almal verskillend.
Comment by Pine on December 2, 2019 at 10:05pm

Puik foto met pragtige kleure teen die mooi swart agtergrond. BGG Josef!! Jou moeite was nie verniet nie en het jou ń goeie resultaat gegee.

Comment by Hennie Cronjé on December 2, 2019 at 6:39pm

Skitterend! Dis 'n uitstekende en pragtige low key foto met atmsofeer wat by die blom pas. Die lig is uitstekend. Baie mooi en geluk met 'n uitstekende foto!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html