Ek en my liewenheersbesie vriendjies het ‘n bietjie uitgekuier geraak met mekaar en daarom volstaan ek eers met daardie reeks. Baie dankie vir almal se saam kyk en kommentaar, ek waardeer dit. Met vandag se bytjie het ek iets interessant waargeneem. Dit het vir my gelyk asof hy nie net water drink nie, maar asof hy aan die mos gesuig het. Hy het ‘n rukkie daaraan gesuig, dan weggevlieg en ná sowat ‘n minuut weer teruggekom. Die proses het homself verskeie kere herhaal. (Ek weet nie of bye mos eet nie, miskien kan Riaan vir ons meer vertel.)

Views: 30

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Bruwer Burger on Friday

Aitsa...Stunning !!

Comment by Josef Steyn on Friday

Pragtig skerp en baie mooi kleur Johan.

Comment by Tersia Weitsz on Friday

Soos altyd superskerp met baie detail, WD Johan, en so leer ons almal meer van insekte, diere ens

Comment by Elaine de Bruin on Friday

Baie mooi foto! Baie interessant, ekt ook geen idee of hulle mos eet nie. 

Comment by Gerrie Lambrechts on Friday

Pragtige skerp foto.

Comment by Hennie Cronjé on Friday

Dis ‘n interessante waarneming wat jy gemaak het. Hierdie foto is pragtig met uitstekende lig en kleure. Dit maak dit sommer lekker om na te kyk. Baie mooi!

Comment by Willie Schoombee on Friday

Ek het jou Liewenheerbesies baie geniet Johan, dankie en hierdie een is net so goed gefotografeer, jy doen regtig moeite met jou Makro fotografie. Dankie!

Comment by Pieter Steyn on Friday

Baie mooi een Johan - skerp - goeie en interessante waarneming - sal moet kom lees

Comment by Dawid Roos on Thursday

Mooi skerp Johan.. interessant wat jy waargeneem het.. wg 

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html