Soos die manne koors kry oor ou karre, voel ek oor naaimasjiene. Ek is betrokke by handwerk groep by dienssentrum en ons het die masjien as n skenking gekry en ek is gevra om dit deur te kyk. Ek is glad nie bekend met Janome masjiene nie en my na oom Google gewend: Janome masjiene word in Japan vervaaardig vanaf 1921 en vanaf 1995 in SA vir Pick n Pay uitsluitlik. Ek kry nie iets wat my sê hoe oud die model is nie, maar ek vermoed dit is die luukse, elektriese model middel 90's. Die masjien is in n houtkas soos n tas gemonteer, die deksel haal af en is ongelooflik swaar

Views: 49

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Bobby Lowe on February 25, 2018 at 7:29am

Pragtig.

Comment by Gerrie Lambrechts on February 24, 2018 at 8:57pm

Goed geneem Tersia, mooi.

Comment by Christa Snyman on February 24, 2018 at 8:36pm

Dankie vir die interessante inligting, baie mooi skerp fokus.

Comment by Tina le Grange on February 24, 2018 at 8:00pm

Mooi skerp Tersia en dankie vir die storie daarby.

Comment by Donald Daniel Jacobs on February 24, 2018 at 3:50pm

mooi foto. dink daardie masjien is ouer. My vrou se Empisal kom uit die laat '70 en het patrone op . Oppas net vir die knippe op die kant van die deksel. Het my vrou sn aan die handvatsel opgetel en amper blou tone gehad

Comment by Elna Geringer on February 24, 2018 at 3:23pm

Ja-nee Tersia, jy en jou masjiene.....so het ons elkeen maar ons dingetjies en wie gaan vir ons vertel dat dit verkeerd is????? Hierdie was beslis een van die eerste modelle wat met die siersteke uit gekom het. Ek wag in spanning om te kyk wat jy alles hier gaan wys. Oulik gedoen hoor

Comment by Doretha Kock on February 24, 2018 at 1:33pm

Pragtig opgepas en vervaardig om te hou.

Comment by Anita du Toit on February 24, 2018 at 12:00pm

En dit het die ding gedoen op sy tyd!! Jy kan die kontras opskuif dan is die agtergrond donkerder.

Comment by Dine Potgieter on February 24, 2018 at 10:27am

Baie interessant! Ek dink nie ek het al een gesien nie.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html