Views: 37

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Claudi Lourens on August 27, 2019 at 2:49pm

Vir hierdie foto het ek voor die tyd, toe dit nog lig was, die beste posisie gekry om my kamera op te stel.  Toe dit donker genoeg was het ek my kamera op daardie plek op 'n driepoot gesit.  Daarna het ek met die hulp van iemand wat 'n lig op die boom geskyn het met 'manual focus' op die boom gefokus.  Toe het ek 'n sluiterspoed van 30sec gebruik met f16 en ISO100.  Terwyl die sluiter oop was het die 'n persoon wat gehelp het met 'n skerp flits die boom en sy stam ingekleur. Ek het ook voor die tyd 'n liggie aangesit in die tent.

To ek die foto edit, het ek ligte areas in die agtergrond donker gemaak en dele van die boom wat bietjie donker was ligter gemaak.  

Dit is eenvoudiger as wat dit lyk, mens kort net iemand om the help en goeie beplaning vooraf.

Comment by Elna Geringer on August 27, 2019 at 12:57pm

Dis nou sommer baie oulik Claudi. Vertel bietjie van die proses/voorbereiding wat jy hier gedoen het?

Comment by Tersia Weitsz on August 24, 2019 at 2:52pm
Baie goed en treffend
Comment by Gerrie Lambrechts on August 24, 2019 at 1:40pm

Skitterende foto en die kleure vd tentjie staan mooi uit.  As dit nie die maan is wat deur die boomtakke loer nie, sal ek die kolletjie uithaal. Wen foto.

Comment by Rika Schoeman on August 24, 2019 at 11:13am

Uitstekende foto Claudi!

Comment by Ferdinand van der Merwe on August 23, 2019 at 7:28pm

Ek hou baie van die nagfoto dis goed uitgevoer lig focus kleur alles het mooi uitgekom

Comment by Hennie Cronjé on August 23, 2019 at 6:34pm

Baie geluk hiermee - dis pragtig en baie goed uitgevoer. Mooi eenvoud, goeie komposisie en die lig is baie goed ingebring. Ek hou baie hiervan.

Comment by Josef Steyn on August 23, 2019 at 6:10pm

Treffende foto wat goed pas by die titel. Mooi.

Comment by Pine on August 23, 2019 at 5:24pm

Baie Mooi met hope atmosfeer Claudi.!!

Comment by Linda Erasmus on August 23, 2019 at 4:19pm

goed gedoen

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html