Klein Aus Vista Lodge, Namibia 20/3/2019 om 19:44

Hoe word Paasfees se datum bereken? (inligting gekry op Facebook-blad : N.G. Kerk Sasolburg Fontein
In die Christen kalender word Kersfees altyd op die 25ste Desember gevier. Dit gebeur dus dat Kersfees op enige dag van die week gevier kan word. Paassondag en Goeie Vrydag word egter altyd op ‘n spesifieke dag van die week gevier. Dit is dan die rede waarom Paasfees se datum van jaar na jaar verander, om in te val by die Vrydag en Sondag se datums. Die kerkkalender vir die res van die jaar word dan volgens Paasfees se datum bepaal. (Lydenstyd, Hemelvaart, Pinkster ens) Paasfees word reg oor die wêreld in die Westerse Kerk op dieselfde naweek gevier.
Hoe word Paasfees se datum dan presies bereken? Die antwoord is met behulp van die volmaan…. Paas-Sondag word deur die eeue heen reeds bereken as die eerste Sondag na die eerste volmaan na die 21ste Maart (in die Suidelike Halfrond, die “Autumn Equinox” in Engels, en in die Noordelike halfrond, “Spring Equinox”). Dit maak dit moontlik om Paas-Sondag jare vooruit te bereken. Indien die volmaan op ’n Sondag val, word Paas-Sondag die volgende Sondag gevier.
Die vroegste moontlike datum vir Paas-Sondag is dus die 22ste Maart (wat laas in 1818 gebeur het dit sal weer gebeur in die jaar 2285! ‘n Gaping van meer as 400jaar) en die laatste moontlike datum is 25 April (wat laas in 1943 gebeur het, dit sal weer in 2038 gebeur).
Hier is die datums vir Paas-Sondag tot 2022, almal is in April:
2019 21 April; 2020 12 April; 2021 4 April; 2022 17 April

Views: 41

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tersia Weitsz on April 22, 2019 at 12:42pm

Praagtig Tina!  En Januarie se volmaan het ek ook by Klein Aus Vista beleef!  Dankie vir die interessante inligting

Comment by Doretha Kock on April 20, 2019 at 12:44pm

Tina, baie dankie vir die inligting wat gepaard gaan met 'n pragtige volmaan.

Comment by Elna Geringer on April 20, 2019 at 12:03pm

WOW......dis nou interessant. Dankie dat jy deel Tina, en dit nogal met 'n baie mooi volmaan foto

Comment by Rika Schoeman on April 20, 2019 at 9:48am

Dit is baie interessante inligting, baie dankie daarvoor! Pragtige volmaan ook. Goed gedoen!

Comment by Willie Schoombee on April 20, 2019 at 6:39am

Ou Silwermaan so mooi hang dit in die lug Tina, pragtig en dankie vir die inligting, interessant!

Comment by Dine Potgieter on April 19, 2019 at 10:20pm

Baie mooi, en baie interessante inligting! Eagle's Nest by Klein-Aus Vista is een van my geliefde oorstaanplekke. Stap in die Ausberg is allerlekker, met baie foto-geleenthede, en in die aande voel dit of jy alleen op die planeet is...En die Bahnhof-hotel in Aus het my laaste rondte nog 'n gawe schnitzel gehad. As kind het Klein-Aus Vista as toeriste-bestemming nog nie bestaan nie, en 'n groot deel van ons veldskool het hier plaasgevind (veral by Geisterschlucht en Eagle's Nest), met die ou Duitse koshuis in Aus as "basis".

Comment by Donald Daniel Jacobs on April 19, 2019 at 10:15pm

pragtige foto en dankie vir jou navorsing info

Comment by Pine on April 19, 2019 at 8:47pm

Baie sagte maan foto Tina en ook baie interessante inligting aangaande die datums.

Comment by Magda vd Merwe on April 19, 2019 at 7:56pm

Baie mooi foto Tina.

Comment by Gerrie Lambrechts on April 19, 2019 at 7:46pm

Mooi foto.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html