Ek gaan 'n paar van hierdie tipe foto's aflaai. Dit lyk nou vir my ek moes afgegaan het op my hurke en nie die foto staande geneem het nie?
27 Okt. 2017 om 15:51
1/250 sek
Fokale lengte 26.6mm
f/5.0
ISO-100

Views: 55

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by jan jordaan on February 11, 2018 at 4:49pm

BAIE  MOOI WD 

Comment by Gerrie Lambrechts on February 11, 2018 at 12:10pm

Baie mooi foto, jy het die brandertjie net betyds gevang.

Comment by Hennie Cronjé on February 11, 2018 at 10:02am

Die ontwerp van hierdie foto is reghoeke - ons sien min daarvan. Die klippe onder vorm 'n reghoek, die sand boontoe 'n tweede en die water 'n derde (wat eintlik in twee reghoeke opverdeel is). Waaom is dit belangrik? In die natuur is die elemente waarmee ons 'n goeie en mooi foto kan maak deurmekaar. Ons praat van "visuele chaos". Met fotografiese ontwerp skep jy orde - hier bring die reghoeke orde. Dis sag op die oog en lekker om na te kyk. Deurdat jy gestaan het, het jy die reghoeke beter ten toon gestel. As jy van laag af geskiet het, sou die foto heel anders gewees het met diepte perspektief die ontwerp. Die enigste probleempie hier is die kleurbalans - geel is 'n rapsie te sterk. Andersinds 'n pragtige foto! Terloops, ek het ook die probleem van te sterk geel met my Mauritius foto's. Ek dink die skerp sonlig speel 'n rol. In RAW verander ek die "Temperature" om na aan die werklikheid te kom en soms gebruik ek nog die gryspunt regstelling ook op 'n later stadium tydens die verwerking.

Comment by Tersia Weitsz on February 10, 2018 at 4:04pm

Water so helder en mooi, goed gedoen Tina

Comment by gabriel parsons on February 10, 2018 at 12:22pm

Pragtige foto Tina baie goed gedoen

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html