Baie dankie aan elkeen wat by gister se foto a wyle vertoef het. Dit word opreg waardeer.

Ek het nou al byne 3 jaar my makro lens en het nog net ‘n paar keer fotos geplaas. (dit was elke keer nadat ons by Josef in Hosback was) Elke keer as die “makro guru’s” van die klas makro plaas dan dink ek aan my lens wat leweloos in my sak is. So pak ek toe een Saterdag die spreekwoordlike bul by die horings en ek stel so soort van ‘n studio in die garage op en gaan pluk ‘n paar Vuurlelies wat toe vol in die blom was. Hier volg ‘n paar van my pogings. Of dit suksesvol was, gaan julle vir my vertel en ek hoor ook graag enige raad. Een ding is verseker…….dis soos Anita al voorheen genoemhet, as die Makro gogga byt, byt hy hard en innig. Ek sal maar eers net op blomme konsentreer tot ek 100% sukses daarmee het. Hoe julle dit reg kry om die goggas en bytjies te “makro” is bo my vuurmaak plek


Canon 7D MK II met Sigma 105mm 1:2.8 Makro lens
Brandpuntafstand : 105 mm
Tyd 1/6 sek
f/22
ISO 100
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode

Views: 83

Albums: Makro

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rika Schoeman on March 14, 2018 at 11:26am

Baie mooi gedoen Elna. Sien uit na die res!

Comment by jan jordaan on March 14, 2018 at 10:42am

WOW WD 

Comment by Gerrie Lambrechts on March 13, 2018 at 7:48pm

Baie mooi Elna, die agtergrond is darem baie mooi egalig swart.

Comment by Anita du Toit on March 13, 2018 at 7:31pm

LUVIT!!! Ek sien uit na die res!!!

Comment by Josef Steyn on March 13, 2018 at 7:09pm

Ek hou baie van die manier waarop jy die knop aanbied. Treffend. Doen so voort!!

Comment by JJ on March 13, 2018 at 5:38pm

Ek hou baie van die een Elna! Geniet die makro... en laat die verbeelding los!

Comment by Hennie Cronjé on March 13, 2018 at 4:30pm

NS Die onderste foto is beter weens beter lig op die plant. Baie mooi!

Comment by Hennie Cronjé on March 13, 2018 at 4:29pm

As ek net een lens toegelaat word, sal dit 'n makro-lens wees. Hierdie foto is baie suksesvol en pragtig. Goed uitgevoer, maar jy kon dalk 'n klein b ietjie lig van die teenoorgestelde kant ingebring het. Hierdie is 'n "low key" foto met atmosfeer. Baie mooi! Ek sien uit na wat nog kom.....

Comment by Willie Schoombee on March 13, 2018 at 4:23pm

Elna sommer ñ uithaler foto, dit is baie goed gefotografeer. WD!

Comment by Magda vd Merwe on March 13, 2018 at 11:39am

Pragtig Elna.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html