Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Ek is nou eers klaar met die Holland en Editor sal haar weergawe van die oggend nog kom deel. So 2 maande voor ons Mokalapark toe is, het die Kimberley omgewing baie goeie reën gehad en die veld en die kondisie van die diere was puik. Hierdie bul het net lank genoeg vir my gekyk om ‘n vinnige foto te neem voor hy grasieus die veld in gedraf het


Canon 60SX HS Powershot
Brandpuntafstand : 83 mm
Tyd 1/160 sek
f/5.6
ISO 200
Auto Mode
NIK : Color Efex : Nature - Contrast only

Views: 27

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Johan Ayres on May 15, 2019 at 10:13pm

Baie, baie mooi. (Ek sien nie 'n probleem met die kleur op my skerm nie.)

Comment by Pine on May 15, 2019 at 6:59pm

Baie Mooi foto met ń goeie komposisie Huey

Comment by Tina le Grange on May 15, 2019 at 5:30pm

Huey die grasieuse horings teen die lug is treffend en ek is saam bly dat die lyf nie verdwerg is agter bosse nie.

Comment by Gerrie Lambrechts on May 15, 2019 at 11:36am

Pragtige foto.

Comment by Josef Steyn on May 15, 2019 at 10:29am

Hy kyk 'n mens behoorlik uit die hoogte aan.

Comment by Rika Schoeman on May 15, 2019 at 10:22am

Dis 'n pragdier met indrukwekkende horings. Mooi Huey.

Comment by Hennie Cronjé on May 15, 2019 at 9:51am

Wat 'n pragtige dier! Hy word ook mooi omring deur die struike. Mooi skerp met goeie beligting, maar die kleure is nie 100% nie. Dit kan 'n witbalans probleem wees of 'n fout met die verwerking. Die foto lyk soos 'n RAW foto sonder verwerking.

Comment by Willie Schoombee on May 15, 2019 at 7:22am

Die trots staan oor hierdie Koedoe bul geskryf Huey, dit is pragtig so in die natuur waar dit hoort. WD!

Comment by Tersia Weitsz on May 15, 2019 at 5:04am
Huey, ek is so bly die ou het oogkontak gemaak, jy het hom op n goeie plek gekry, lyf voor die bos maar die pragtige horings teen die blou lug. n Baie mooi en goeie foto

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html