Die foto pas amper by die tema in. Die formaat werk ook nie baie goed op FS nie, maar ek wil graag die foto se oorsprong met julle deel. Ons het ‘n man in Hogsback wat ‘n baie groot azaleakwekery gehad het. Hy verlaat Hogsback nou. Hy moes ‘n afskeidsgeskenk kry en een van die kunstenaars vra my toe of ek ‘n azaleaplant kan prakseer wat versklillende soorte azaleas dra. Ek het toe hierdie samestelling prakseer. Eers moes ek in PS ‘n lang mooi gekromde takkie prakseer en toe ‘n aantal klein takkies om die blomme te dra en toe die takkies aan die stammetjie las en die blomme aan die takkies. Dit het my ‘n hele paar dae besig gehou. Daar was ook ‘n beperking op die vorm van die bossie. Dit moes lank en skraal wees. Die finale produk is omtrent 1 meter lank en 25 cm wyd. Ek het vir my ook een laat druk en as julle vir my kom kuier sal julle dit in ‘lewende lywe’ kan sien.

Views: 59

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Josef Steyn on December 8, 2016 at 11:05am

Dankie Huey.

Comment by Huey Geringer on December 8, 2016 at 10:28am

Josef, ek het gehoor van die meesterstuk en ek verstaan nou hoekom Elna so liries geraak het, dis baie mooi

Comment by Willie Schoombee on December 8, 2016 at 7:43am

Wel Josef net ñ meester fotograaf sal so iets kan regkry. Baie goed gedoen al is die formaat heel iets anders as waaraan ons gewoond is. Baie mooi!

Comment by Josef Steyn on December 8, 2016 at 7:17am

Dankie Tina. Ek sal die beker mooi oppas!! Dankie Elna en Pieter.

Comment by Pieter Steyn on December 8, 2016 at 5:20am

Baie mooi een

Comment by Elna Geringer on December 8, 2016 at 4:56am

WOW Josef, die eindproduk is stunning verby!!!!!!!!!!!!! 'n Mens kan die sukses van die foto opreg waardeer as die Azaleas van Hogsback in lewende lywe gesien is.

Julle moet vir Josef in aksie sien voor sy rekenaar, dit is al klaar 'n belewenis. VWD mater

Comment by Tina le Grange on December 7, 2016 at 9:42pm

Josef, die kunswerk van jou kry 'n goue beker.   

Veels geluk met die eindproduk en jou geduld!

Comment by Josef Steyn on December 7, 2016 at 9:33pm

Dankie Tersia, Magda, Gerrie, erika, Gabriel en Susan. Ek kan julle waarborg ek gaan nie gou weer so-iets aanpak nie. Dit was 'n hengse klomp werk.

Comment by Susan on December 7, 2016 at 9:14pm

Dit is uitstekend en ek is bly jy het die tyd en moeite gedoen om hierdie uitstekende samestelling te maak. Ek glo dit gaan 'n foto wees wat nog vir baie, baie jare gebruik gaan word in Hogsback.

Comment by gabriel parsons on December 7, 2016 at 7:41pm

Baie mooi goed gedoen

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html