Foto geneem in Kruger park 25 05 2019.
Nikon 5200
150 - 600 sigma lens
fokus lengte 225mm
ISO 360,F5 shutter priority

Views: 36

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on August 27, 2019 at 12:49pm

Sekerlik ons mooiste bok soort. Net soos wat reeds genoem is, is hulle nie maklike modelle nie. Hierdie foto werk egter vir my ags jy die natuurlik habitat van die Koedoe hier wys maar nogtans is die bok die hoof element. Ek sal voorstel dat jy die foto horisontaal draai sodat jou kyker se oog binne die raam bly. Ons lees van links na regs en omdat die regterkant van die raam “leeg” is, dwaal die kyker se oog uit die raam, dit wil jy nie hê nie. Indien jy met Photoshop of Elements werk, kan die kontras en beligting op die bok verhoog word. Vertel so bietjie meer van jou programme? Dit help nogal om te weet waarmee ‘n skoler werk sodat raad gegee kan word

Comment by Gerrie Lambrechts on August 26, 2019 at 9:50am

Baie mooi foto, goed geneem.

Comment by Johan Ayres on August 25, 2019 at 8:28pm

Pragtige foto, skerp met mooi kleur. Die foto wys die koedoe mooi in sy natuurlike omgewing.

Comment by Hennie Cronjé on August 25, 2019 at 7:25pm

'n Pragtige dier! Baie goed gefotografeer. Koedoes staan dikwels tussen bosse, wat fotografie bemoeilik, maar hier het jy hom mooi duidelik gekry. Dis interessant dat hy so donker is. Siende dat die res van die foto reg belig is, aanvaar ek dit was sy kleur. Baie mooi!

Comment by Pine on August 25, 2019 at 5:39pm

Pragtige skerp foto van die bul wat in die skadu staan Johan!  Dit is ongelukkig waar fotograwe hulle kry gedurende die warmste deel van die dag. Die agtergrond is weens die 225mm fokus lengte nog redelik in fokus en nie ideaal nie, maar nie regtig steurend nie, die bok is nog steeds dominant.

Comment by Mark on August 25, 2019 at 4:41pm

Dis n baie mooi koedoe bul foto. Jou fokus is baie goed. Ongelukkig kan jy nie vir hom sê om bietjie uit die skaduwee te kom nie...so dis wat jou uitdaging is om bietjie meer lig op die bul te kry. Ek sien jy is goed met verwerking op jou fotos, so werk maar aan die een ook om die bul bietjie meer te verlig Johan

Comment by Tersia Weitsz on August 25, 2019 at 3:12pm

Lieflike fokus op bok se kop en horings. Baie mooi foto.  Die opwaartse hoek het mooi gewerk

Comment by Magda vd Merwe on August 25, 2019 at 3:08pm

Johan dis n baie mooi foto, maar ek dink die bok is net bietjie te donker.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html