Lekker om weer saam met julle te wees. Ons het pas van 'n vakansie langs die tuinroete teruggekom.
Die aand wat ek die foto geneem het, het 'n ongewenste klein bosluis, onwetend langs my been opgekruip wat ek eers die volgende oggend opgemerk het en my bosluiskoors gegee het. 'n Paar dae later het ek met 'n hewige tandabses gesukkel. So kan 'n vakansie draaie met jou loop - maar lekker fotos neem bly tops.

Views: 39

Albums: My fotos
Location: Stormsrivier

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tersia Weitsz on March 27, 2020 at 4:07pm

Bly jy is nou weer beter, baie mooi foto

Comment by Tina le Grange on March 27, 2020 at 3:17pm

Neville baie welkom terug; altyd lekker na jou foto's te kyk

Baie dankbaar jy herstel goed.

Foto is skitterend; min dat ons weerlig sien

Goeie komposisie treffende atmosfeer.

Comment by Gerrie Lambrechts on March 27, 2020 at 2:47pm

Skitterend, ek is ook bly jy het goed herstel en is weer met ons. 

Comment by Rika Schoeman on March 27, 2020 at 12:41pm

Pragtige foto Neville, veral die fyn strepie lig op die horison en die dramatiese wolke.

Comment by Vida van Schalkwyk on March 27, 2020 at 9:09am

well done, wowww!!

Comment by Hennie Cronjé on March 27, 2020 at 9:03am

Ai, dis jammer dat dit gebeur het, maar ons is bly jy het herstel en is terug. Hierdie foto is pragtig en baie goed uitgevoer. 'n Goeie komposisie met mooi skerp fokus. Ek wonder bietjie oor die kleure - is pers nie bietjie sterk en rooi te min nie? Ek weet natuurlik nie hoe dit in werklikheid gelyk het nie. Die beligting is egter baie goed van bo tot onder. Baie mooi!

Comment by Josef Steyn on March 27, 2020 at 8:49am

Welkom terug Dramatiese foto Bly jy is ou weer gesod (My reker se sleutelbord werk et  e toe)

Comment by Pine on March 27, 2020 at 6:12am

Welkom terug Neville. Jou  weerlig foto is Baie mooi met pragtige kleure!

Comment by Anita du Toit on March 27, 2020 at 1:24am

Welkom terug...Wonderlike fotografie Hein.. WD!

Comment by Johan Ayres on March 26, 2020 at 11:11pm

Ek is bly jy is terug, ek het jou naam gemis. Ek hoop jy is nou volkome gesond. Maar jy neem nog steeds skitterende foto's, soos hierdie een. Ek hou van die effek wat die lang sluiterspoed op die water gee.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html