Views: 37

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Lizelle on March 19, 2019 at 2:08pm

hi Almal vreeslik Dankie vir die kommentaar, ek sal beslis dit ter harte vat - soos Hennie se so leer ons.  Toe ek die foto gevat het het ek nog nie regtig veel van fotografie af geweet nie so ek leer nog elke dag.

Dankie vir elkeen se bydrae.

Comment by Rika Schoeman on March 15, 2019 at 11:03am

Besonderse kleure in die foto Lizelle. Met die paar voorgestelde veranderinge sal dit 'n puik foto wees.

Comment by Pine on March 14, 2019 at 10:28pm

Lizelle ek dink jou foto is getrou aan jou tema. Die weerkaatsing is baie mooi. Die hoeveelheid  items in die foto is egter bietjie te veel en maak dat die oog dwaal.

Comment by Dine Potgieter on March 14, 2019 at 8:13pm

Mooi!

Comment by Gerrie Lambrechts on March 14, 2019 at 6:43pm

Baie mooi kleure, ons leer ook deur jou foto en die kommentare.

Comment by Josef Steyn on March 14, 2019 at 5:56pm

Lyk of die visstokke net 'n verskoning is om te kuier!! Hier vang die hengelaars vis in absensia. Baie mooi. Skerp en kleurvol met 'n mooi weerkaatsing.

Comment by Hennie Cronjé on March 14, 2019 at 5:55pm

Dis pragtig, met mooi kleure en sterk kontraste. Dit maak indruk. Aan die ander kant is die foto dalk bietjie besig. Onthou, eenvoud is die belangrikste eienskap van 'n goeie foto. Die ding wat die meeste pla is die kragkabel agter. Verder is die watervlak effe skuins. Mens moet altyd oplet dat 'n watervlak horisontaal is. So, hier is pragtige eienskappe van die foto, maar ook 'n paar plekkies wat beter kon wees. Maar so leer ons almal!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html