Views: 44

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Pine on September 12, 2019 at 7:37pm

Baie mooi komposisie en trubeligting Koos. Oor die verwerking van die foto het jy reeds raad gekry.

Jou Suikerbekkie foto van gister is Pragtig! Die agtergrond is net baie besig, maar dit is hoe jy hom gekry het en jy sal die agtergrond net met hoë vlak verwerking kan verander as jy dit sou wou doen.

Comment by Josef Steyn on September 12, 2019 at 4:56pm

Lekker trubeligting Koos. Ek sou graag wou hoor van jou wat jou doel met die verwerking was. Hoe meer inligting jy kan gee hoe beter kan ons die foto waardeer.

Comment by Elna Geringer on September 12, 2019 at 3:01pm

Alhoewel ek hou van jou kreatiewe idee met die Duiker moet ek ook met Mark saam stem. Vertel vir ons meer tov die foto's wat jy plaas soos bv. wat is die toerusting wat jy gebruik en ook wat die kamera stellings was tydens die neem van die  foto. Met watter redigering's program/me werk jy? Dit maak dit net soveel makliker om raad te gee. 

Comment by Mark on September 12, 2019 at 11:37am

Koos ek het die foto gemis gister. oos daar reeds gesê is dit is mooi ligkunstige foto.

Maar as ek reg onthou het jy gesê jy wil graag leer. Eks ook maar nog half nuut hier maar sal graag wil deel wat ek al geleer het want nie almal wil negatiewe kommentaar gee nie. Jou foto het jy te veel kleur versterking op jou verwerkings program gedoen. Dis hoekom die voël mis blou is en op sy bors is daar blou spikkels en op sy neus ook blou. So wees versigtig vir HDR

Comment by Rika Schoeman on September 12, 2019 at 11:27am

Die lig op die vlerke het 'n interessante kleur gegee en is voorwaar ligkuns Koos.

Comment by Pieter Steyn on September 12, 2019 at 11:03am

mooi een 

Comment by Gerrie Lambrechts on September 12, 2019 at 10:47am

Mooi geneem met goeie agtergrond.

Comment by Tersia Weitsz on September 12, 2019 at 7:55am
Lig op of deur die vere is mooi
Comment by Willie Schoombee on September 12, 2019 at 6:28am

Koos hierdie is ñ pragtige vermenging van lig en kuns, dit is ñ besonderse foto met groot trefkrag. WD!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html