Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Hierdie MAaoelaboom staan by ‘n piekniek plek in die uMkhuze Wildtuin. Dit word baie selde gebruik want die tafel en stoele is alles afgebreek en/of verwoes. Ons kom maak gereeld hier ‘n draai want in die omgewing is daar baie mooi bome en dis rustig. Hier drinkl ons dan ‘n koffie en eet ‘n stukkie beskuit. Die son sak agter die boom, en met toestemming van die personae,l is ons een wintermiddag, net voor son sak daar heen om te wag dat die son moet groet. Ongelukkig was dit toe nie nie so diep rooi soos wat ek voor gehoop het nie
Canon 7D MK II met Sigma 150-500 mm lens
Brandpuntafstand : 24 mm
Tyd 1/60 sek
f/16
ISO 500
Exp Bias : 3 Bracketing HDR
AV Mode
Tags:
Albums: Bome, Blare en Hout
Comment
'n Prag-boomfoto Elna!
Dis pragtig met uitstekende kontras. Mooi skerp ook met 'n goeie komposisie Baie mooi! 'n Heerlike plek vir bietjie uitspan.
'n Boom is altyd vir my onweerstaanbaar...pragtige foto van die statige ou reus, Elna!
Dis 'n pragtige foto Elna, ek lief dit!
Nog steeds mooi Elna...wg Daai rooi is net n paar min sigbaar...so jy het goed gedoen hier..
Pragtig soos dit is Elna; ek 'hoor' die stilte; goeie atmosfeer en kleure in die lug
Ek hou daarvan dat die groen nog effe sigbaar is.
Bly julle kon weer ingegaan het vir 'n foto.
Baie mooi foto Elna
Vreeslik mooi Elna.
Dit is 'n pragtige foto met hope atmosfeer.
Elna dis briljant geneem. Pragtige boom.
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool