Soos ek gesê het die was ook op dieslefde mistige oggend langs breede geneem , Matroos bergreek in agtergrond. Ek neem nie gereeld landskap nie, so ek luister na terugvoer.... ek wou wel graag die lowkey onderbeligte foto so behou, dit was vir my mooiers as die wat extra beligting by gewerk was.

Views: 75

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Mark on August 13, 2019 at 1:33pm

Baie dankie vir die kommentaar wat ek gekry het, leersaam gewees.

Comment by Doretha Kock on August 13, 2019 at 11:23am

Lief die atmosfeer, Mark en 'n pragtige foto. Deur die kommentaar leer ek graag saam oor landskappe, want ek neem ook nie dikwels landskappe af nie.

Comment by Willie Schoombee on August 13, 2019 at 6:34am

Mark, ek is baie lief vir landskappe en wat die foto van ander onderskei is die gevoel  wat hier geskep is, waarna jy ook verwys. Die verskillende kleure kontrasteer goed en vloei mooi inmekaar en dit skep ook goeie effek. Wat my aanbetref ñ pragtige landskap foto wat jy goed uitgevoer het. Goeie voor-, middel- en agtergrond is die resep vir landskappe! Verder soek landskappe ook ruimte, waarvan hier voldoende is. WD!!

Comment by Gerrie Lambrechts on August 12, 2019 at 9:25pm

Besonder mooi foto met besondere lyne en kleure, goed geneem.  Ek hou hiervan.

Comment by Pine on August 12, 2019 at 8:59pm

Baie Mooi geneem Mark. Jy het reeds goeie raad gekry! So leer ons saam né

Comment by Johan Ayres on August 12, 2019 at 8:03pm

Pragtig en vol atmosfeer.

Comment by Hennie Cronjé on August 12, 2019 at 5:11pm

Dis 'n pragtige landskap en foto. Die horisontale rye water, land en mis wat mekaar afwissel, is goeie ontwerp. Ook mooi skerp met goeie beligting. Al waarop jy kon verbeter is om minder lug en meer voorgrond in te sit. Die rede is die lug sonder enige detail daarin. Verder baie mooi.

Comment by Josef Steyn on August 12, 2019 at 5:05pm

Elna het 'n paar goeie punte genoem Mark. Op die oomblik dal bietjie te veel helder dele om as low key geklassifiseer te word. Lekker atmosfeer in die foto.

Comment by Tersia Weitsz on August 12, 2019 at 2:35pm
Ek hou van jou foto Mark, dalk net die riete en bome bietjie ligter maak, mis kom ook mooi oor en weerkaatsing van die riete
Comment by Adriaan Loots on August 12, 2019 at 2:05pm

Ek hou van die weerkaatsing in die water Mark, ek sal dit net so los en dalk net die lug bo die helfte afsny. Baie suksesvolle foto met tonne atmosfeer

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html