Baie dankie vir al die positiewe mooi woorde oor die donderbui aankoms foto.
Net na die donderdbui het ons weer draai gery en toe die toneel afgeneem. Ek het nie die horison mooi op derde geplaas nie, wou graag die wolke in hê, maaar ook die stroompie water....moes ek kies?

Views: 36

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on January 18, 2020 at 11:17am

Pragtige foto, ons is elke opnuut dankbaar wanneer daar water is.

Comment by Vida van Schalkwyk on January 18, 2020 at 9:41am

pragtig!!

Comment by Rika Schoeman on January 18, 2020 at 8:51am

Mark, ek sien jy het reeds huiswerk gedoen op Josef se aanbeveling en ek hou meer van die foto waar jy die boom uitgecrop het. Dit plaas vir my die fokus dan meer op die klein boompie in die verte en die swaar wolkmassa direk bo die boompie.

Comment by Anita du Toit on January 18, 2020 at 12:32am

As ek nou ook 'n stuiwer in die armbeurs kan gooi sal ek die foto net bokant die bome krop, verder is dit 'n PUIK foto van 'n pragtige toneel Mark.

Comment by Johan Ayres on January 17, 2020 at 8:55pm

Jy doen baie goed met hierdie reeks van jou. Nog 'n pragtige natuurfoto wat jy geneem het.

Comment by Magda vd Merwe on January 17, 2020 at 6:59pm

Baie mooi foto Mark.

Comment by Pine on January 17, 2020 at 6:49pm

Pragtige natuurtoneel so met die water. Stem saam oor die crop wat jy gedoen het onder. Baie Mooi Mark!

Comment by Hennie Cronjé on January 17, 2020 at 3:08pm

Jy was reg om die waterplas en die wolke in te kry. Dus kon jy selfs die horison effe laer geplaas het, maar dis nie 'n moet nie. in hierdie foto is die land perfek belig, maar die lug is oorbelig. Kyk na die wit dele van die wolke en jy sal sien die detail daarin raak weg. Die donker dele kon ook bietjie donkerder. 'n Grad ND filter sou hier perfek gewerk het. Andersinds is dit 'n baie mooi foto met 'n goeie komposisie.

Comment by Mark on January 17, 2020 at 2:19pm

Huiswerk gedoen soos Josef en Tina aan beveel het

Comment by Tina le Grange on January 17, 2020 at 2:14pm

Mark die voorgrond is pragtig met die reënwater in daardie wêreld

Ek het nou 'n papier gehou voor die boom wat Josef noem en sy voorstel maak 'n groot verskil wat dan 'n perfekte simmetrie gee;  ook die wolke wat deel is van die toneel is besonders - veral die middelste donker wolk

Ek geniet jou tonele.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html