So 'n rukkie terug het Riaan 'n sirkeltjie mos getoon wat pragtig was. Hier is dieselfde, maar skuins geneem en gevolglik vorm dit 'n ovaal. Ek het skuiffokus gebruik - 8 foto's wat die kamera self kort na mekaar neem, maar elke keer effe verder fokus. Dan "stack" mens hulle in Photoshop om een foto daarvan te maak.'n Makrolens is gebruik met f6.3.

Views: 60

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on October 12, 2019 at 3:12pm

Lieflik Hennie

Comment by Tersia Weitsz on October 12, 2019 at 11:21am

Die detail op die mos is stunning, wat ek by ons meesters geleer het, laat my ook wonder oor voorgrond

Comment by Anita du Toit on October 12, 2019 at 8:57am

Die manne het nogal 'n geldige punt maar die foto is stunning Hennie.

Comment by Mark on October 12, 2019 at 2:53am

Mooi en skerp fokus op die mos. Ek lewer gewoonlik nie op julle profesionele manne se fotos enige kommentaar nie, maar ek voel dis asof die voor grond wat uitfokus is amper soos n klein buldjie daar lê wat mens oor moet kyk om die mos raak te sien, en daarom voel ek die uitfokus gedeelte voor meer steurend as goed is.

Comment by Riaan on October 11, 2019 at 10:13pm

ahhh een van my voorliefdes ook Hennie en dis so pragtig. die uit fokus voorgrond pla gladnie maar ek sou ook nog menings hieroor wou hoor

Comment by Christa Snyman on October 11, 2019 at 9:54pm

Pragtig, skerp fokus Hennie. Johan roer nogal iets aan waaroor ek ook onseker is ivm die uitfokus voorgrond.

Comment by Johan Ayres on October 11, 2019 at 9:30pm

Dit is 'n pragtige foto en baie interessante tegniek. Gabriël roer die punt aan waaroor ek ook nou die dag by een van jou foto's oor navraag gedoen het, nl die uit-fokus voorgrond. Jy waarsku gereeld daarteen, maar jy maak self by geleentheid daarvan gebruik. Persoonlik pla dit my nie, inteendeel, dit is asof dit my oog forseer om die in-fokus gedeelte te soek. In 'n skitterende boek met illustrasies oor makrofotografie het ek opgelet dat die fotograaf dikwels en baie effektief van 'n vlak velddiepte gebruik maak, wat die voorgrond uit fokus plaas. Dit was nie vir my steurend nie (soos dit ook nie vir my hier by jou foto steurend is nie.) Dit sal interessant wees om bietjie hieroor te praat.

Comment by Gerrie Lambrechts on October 11, 2019 at 5:18pm

Baie mooi en pragtige skerp kleure.

Comment by gabriel parsons on October 11, 2019 at 4:04pm

Die mos is pragtig alles in plek die uit fokus gedeelte in die voorgrond kan miskie uitgehaal

word?

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html