Laaste slang foto...vir nou! Die kobra het vir ons kom kuier by my Ma se huis in Marloth een oggend. Ek weet die veld diepte is bietjie vlak maar daar is nie baie tyd om te dink en stel in die situasie nie. Met kamera in die een hand en die ander hand voor die kobra om 'n bak kop te probeer kry met slang spoeg orals in die lug is dit nogal 'n adrenalien stormloop.
Ek moet net noem vir almal, ek werk al baie jare met giftige slange en het baie ondervinding so asb "don't try this at home"

Views: 49

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Karen Kemp on January 12, 2019 at 5:26pm
Terloops ekt volgrootte gekyk...ek sou niks verander nie foto is vir my baie goed net so!
Comment by Karen Kemp on January 12, 2019 at 5:22pm
Haha Hannes...i wont try that...neem aan jyt darem n bril opgehad? hul gif is mos sitotoksies? dankie vir jou puik fotos ...slange fassineer my jy kan maar nog opsit dis baie leersaam...en jy het waarlik goens van staal hehe..
Comment by Riaan on January 11, 2019 at 10:13pm

kyk ek het ook 'n groot voorliefde vir alle slange maar daar is sommiges wat ek vermy juis vanweê hulle slegte temperament en hierdie is een van hulle. mens kan seker wees as jy hom konfronteer jy gif iewers op joou anatomie gaan kry. as jy nog aan sy gal torring vir 'n foto soos hier, gaan jy raakgespoeg word en die groot nadeel van hom is dat hy nie soos die Rinkhals  hoefop te "staan" en bakkop maak om te kan spoeg nie. soos ek al tot my spyt ondervind het doen hy dit sommer so in die lêposisie in 'n gat of rots skeur. baie geluk hiermee en ek stem nogal saam dat jy meer kon inzoem vir meer fokus op die kop se detail

Comment by Susan on January 11, 2019 at 10:09pm

Net so 'n gesoute slanghanteerder soos jy sal dit op die regte manier hanteer. Ek is tog bly jy het dit afgeneem, want anders is daar nie record vir ons ander om te sien en te waardeer nie. Dit is 'n baie goeie foto in die omstandighede wat jy dit kon neem. soos dit is, lyk dit vir my mooi maar ek stem ook met Hennie saam om bietjie te kyk na 'n landskap crop. PRAGTIG geneem.

Comment by Willie Schoombee on January 11, 2019 at 2:43pm

Hannes jy speelmet gevaarlike goed, dankie vir jou onderskrif, want hierdie is een van die giftigstes. In die situasie wat jy was, aanvaarbaar, maar ek dink ook die foto het potensiaal om op dit te werk en te verbeter.

Comment by Tersia Weitsz on January 11, 2019 at 11:13am

Dankie vir die waarskuwing Hannes, maar ek kan jou belowe as ek daarop moes afkom, was daar nie n foto nie!!!! Baie goed gedoen onder omstandighede

Comment by Anita du Toit on January 11, 2019 at 9:59am

Pragtige skerp fokus op die kop.. baie goeie foto!

Comment by Gerrie Lambrechts on January 11, 2019 at 8:54am

Oe!! ek hardloop in plaas van foto neem.  Laat my nogal dink aan die prente van ou Egipte.

Comment by Hennie Cronjé on January 11, 2019 at 7:37am

Mooi skerp op die kop met ‘n goeie agtergrond en komposisie. Die groot deel van die slang wat uit fokus is en donker is, is bietjie lastig. Daarom sal ek aanbeveel dat jy die foto in landskap formaat sny met net die boonste helfte. Jy kan oor die skerp gedeelte van die kop ligter maak. Eintlik moes jy hier ‘n veel groter velddiepte gebruik het, maar dan kon die agtergrond lastig geraak het. 

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html