Dankie vir die waardering en kommentaar op leeumannetjie.
Hier kan dalk bietjie advies gegee word, ek doen maar min landskap fotos, so asb gee advies waar nodig.

Views: 31

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Mark on June 13, 2019 at 2:04pm

Baie dankie vir almal wat vir my terugvoer oor die foto gegee het

Comment by Pieter Steyn on June 13, 2019 at 4:55am

Baie mooi toneel en foto

Comment by Tina le Grange on June 12, 2019 at 6:56pm

Mark die beligting en skerp fokus is perfek!!

Wat was jou kamera se verstellings hier?  Ek leer nog gedurig komposisies se verstellings.

Waar presies het jy die foto geneem, ons het by Sossusvlei Lodge gebly en jou toneel laat my dink aan die landskappe wat ek daar gesien het.  Watter tyd van die jaar se foto?

Comment by Pine on June 12, 2019 at 6:31pm

Baie mooi komposisie, Uitstekende laat middag sybeligting en goeie velddiepte Mark. Jou foto is PRAGTIG!!!

Comment by Gerrie Lambrechts on June 12, 2019 at 4:23pm

Sybeligting is baie mooi. Baie mooi foto Mark.  Die boom oorheers so bietjie die middelgrond nou raak die agtergrond berge bietjie klein.  Landskap gaan oor Voor/middel/agtergrond wat hier wel baie mooi in fokus is.

Comment by Doretha Kock on June 12, 2019 at 3:58pm

Pragtige foto en toneel met baie mooi lig.

Comment by Josef Steyn on June 12, 2019 at 3:11pm

Mooi foto Mark. Mens kan noontlik argumenteer dat die boom die landskap oorheers. Miskien sou dit beter gewees het om meer van die berge in te sluit? In geheel gesien is die foto egter suksesvol soos hy is. Die lig is goed, jy het 'n goeie voorgrond en berge in die agtergrond. As daar wolke bo die horison was sou jou werk baie makliker gewees het, maar dit is selde dat 'n mens alles kan kry wat jy benodig.

Comment by Tersia Weitsz on June 12, 2019 at 1:44pm
Die laat middag sonnetjie so van die kant af doen die ding vir jou. Plasing van die boom mooi en die berge in agtergrond pragtig met skadus en al. Ek dink dis n baie geslaagde foto Mark

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html