Views: 60

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on May 12, 2019 at 10:38am

Besondere foto, mooi geneem.  Die spel van lig is werklik mooi.

Comment by Willie Schoombee on May 12, 2019 at 7:31am

Claudi wat ñ pragtige foto met daardie besonderse natuurlike lig wat jy hier goed aangewend het, jy het selfs ook bietjie trubeligting gekry. WD!!

Comment by Pine on May 11, 2019 at 10:30pm

Pragtige foto Claudi. Mooi komposisie en mooi beligting van agter.

Comment by Hennie Cronjé on May 11, 2019 at 5:53pm

Hier het jy 'n baie moeilike toneel gehad vir fotografie. Dis weens die trubeligting met 'n groot donker objek in die voorgrond. Wat hier baie mooi en suksesvol is, is die agtergrond met die lig wat daaroor speel en die ligte halo om die bees.  Beide het so bietjie van 'n rooi tint weens laatmiddag son (of vroegoggend). Die bees self is bietjie donker weens die trubeligting. Aan die een kant wil jy hom nie te lig hê nie, want dan is die halo nie goed sigbaar nie. Aan die anderkant wil jy hom nie te donker hê nie omdat dit die fokuspunt of hoofobjek is. Jy het 'n redelike goeie middeweg gevind tussen hierdie twee, maar ek dink bietjie invul-flits sou hier baie gehep het. Mens stel die flits op Rear en maak dit so flou as moontlik. 'n In-kamera flits stel jy soos die ligskuif op -2 of -3 en 'n uit-kamera flits stel jy op manueel en maak die liggie dowwer, bv 1/64 van volsterkte.

Comment by Elna Geringer on May 11, 2019 at 2:51pm

Ek het 'n groot passie vir die Nguni's en Marlene se reeks is puik soos Gabriel vir jou genoem het. Die beligting doen net iets "wow's" aan die foto en ek lief dit. BGG. jy moet dalk net kontras so bietjie opstoot

Comment by gabriel parsons on May 11, 2019 at 12:15pm

Pragtig baie mooi foto. Claudi Gooigle gerus Marlene Neuman  se Foto reeks oor die nguni beeste dit is werklik uitsonderlik.

Comment by Tersia Weitsz on May 11, 2019 at 12:02pm

Mooi gedoen Claudi, miskien net bietjie donker

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html