Ek het sommer baie geniet om my niggie Marie se troue af te neem. Hierdie foto is 'n lekker bewys van die uitdaging van 'n skewe horison. As ek die kamera sou tilt sou die rotse links op hulle koppe gaan staan :-). Soms moet mens maar die skewe horison aanvaar. Ek het wel probeer om die bruidspaar te plaas op 'n natuurlike "laer" gedeelte.

Views: 109

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Frikkie Kapp on December 5, 2013 at 11:00am

great lig wat jy gehad het Igno met die shoot! Magic stuff! skewe horison? mens dis n opdraande 

;-)

Comment by Christel Botes on December 4, 2013 at 7:29am

Hierdie foto is vreeslik mooi!  Die kleure & die bruidspaar = wenkombinasie!!!

Comment by Anita du Toit on December 4, 2013 at 1:04am

Uitstekend gedoen Igno (Ons mis jou video insette)

Comment by Christa Snyman on December 3, 2013 at 10:12pm

Uitstekende foto met prag landskap, Igno.

Comment by Hennie Cronjé on December 3, 2013 at 3:52pm

Dis pragtig, Igno. Die kontras tussen die paartjie en die onweer agter, is baie treffend. Die "slope" van die heuwel lei mens se oog na hulle wat hulle as fokuspunt aksentueer. Verder is hulle baie goed geplaas en die beligting is eersteklas. Dis werklik 'n uitstekende foto waarop jy baie trots kan wees.

Comment by Marenschia Goosen on December 3, 2013 at 2:03pm

Pragtig

Comment by Doretha Kock on December 3, 2013 at 1:25pm

Beligting, kleure, komposisie, eenvoud en simboliek (al dreig die storms, sal ons hande hou), is treffend en uitstekend.

Comment by Igno van Niekerk on December 3, 2013 at 8:13am

Hallo Julle,

Dankie vir die kommentare.

Donald, ek moet darem se, ek het die weerlig baie fyn dopgehou, en die wolke is darem bietjie verder as wat dit lyk. Ek dink tog jou punt is baie leersaam. As fotograwe moet ons baie bewus bly van die weerlig in sulke omstandighede. Goeie brokkie leerstof, dankie !

Comment by Annelize Barnard on December 3, 2013 at 8:00am

pragtig 

Comment by Dawie Grobler on December 3, 2013 at 6:47am

Kleure is treffend.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html