Cannabis Vodka - Prague Chech. (Terloops Hennie, ek het nie saadjies geplant nie en ook nie ‘n snapsie gehad nie.

Views: 36

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on September 15, 2018 at 8:18am

Cannabis vodka - dit sal mens mos uitslaan!!! Jou idee was goed om die drie in 'n ry af te neem, want herhaling maak altyd indruk. Ongelukkig was die agtergrond hier van so 'n aard dat dit die kontras tussen die bottwls en die agtergrond verlaag. Ek neem aan jy kon niks hieraan doen nie. Iets anders wat jy wel onder die omstandighede kon doen is om 'n makro-foto van een bottel se etiket te maak sonder agtergrond.

Comment by Riaan on September 14, 2018 at 8:52pm

wow 'n eerste vir my hierdie Vodka wat seker meer as normaal kop toe gaan. van die alkohol inhoud praat ek nie eens want dit maak die skop sekerlik dubbeld so erg. ek sou beslis wou proe hoe hierdie knupppel inni bottel smaak. die tegniese sy is net so goed Theresa

Comment by Tina le Grange on September 14, 2018 at 6:18pm

Theresa die bottels is pragtig skerp, soos jy nou al weet, hou ek van 'n  ongelyke getal bymekaar en die agtergrond wat uit-fokus is, laat staan die bottels mooi uit 

.

Comment by Josef Steyn on September 14, 2018 at 10:40am

Hierdie is 'n snapsie met ordentlike skop! Interessant.

Comment by Bruwer Burger on September 14, 2018 at 8:18am

Nee wat Theresa...sal dit nie drink nie!!    Daar is net 40% alcohol in:-))

Mooi foto.

Comment by Tersia Weitsz on September 14, 2018 at 8:01am

Interessante botteltjies, mooi gedoen, jammer agtergrond bietjie besig

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html