Tsv oorwegend Raw-verwerking van 'n 16bit leer is daar steeds lastige "banding" in die donkerder dele van die lug (minder opvallend, maar steeds teenwoordig in die hoe-resolusie leer)

Views: 37

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on Sunday

Op hierdie grootte van foto sien ek nie die banding nie. Dit het waarskynlik iets te doen met die lae lig. Ek praat onder korreksie, maar ek dink dis wat bekend staan as "moiré silk". Party kameras het 'n filter in om dit te beperk, maar meeste nuwe kameras is daarsonder. Ou kameras is meer geneig om dit te kry, terwyl nuwes tegnologie in het wat dit beperk (sonder filter). Maar terug na jou foto. Die sterk punt van hierdie foto is die komposisie en lig. Die windpomp in die induiking van die horison met die opkomende son agter dit is uitstekend gedoen en pragtig. Ook tydlose eenvoud met goeie kontraste. Baie mooi - dis werklik 'n uitstekende foto.

Comment by Tersia Weitsz on Sunday

Dine, pragtig gedoen

Comment by Christa Snyman on Saturday

Pragtige sagte kleure, goeie komposisie, bome op rand van heuwel neem oog deur hele foto. Pragtig Dine.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html