Nr. 30 "Sperrgebiet", Namibia 20/3/2019 om 10:17

Nog een van die oorblywende geboue wat ons gekry het. Ek hou van, "van hier, na daar"-tonele
Baie dankie vir julle kommentaar by die westerse toilet só vroeg in die eeu....
Canon PowerShot SX60HS; 1/2000 sek; Fokale lengte 5.6mm(35mm equivalent:33mm) ISO-200; TV-modus
Ek moes omtrent die driepoot stilhou in die sand wat 'n mens oral in die ou geboue kry.
Verskoon dat ek agter is met krit, maar ek het 'n pasiënt in die huis. Hy raak vinnig gesond en ek sal weer spoedig inhaal.

Views: 43

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Magda vd Merwe on September 18, 2019 at 11:15am

Tina ek het nie die een gesien nie, maar jou huiswerk is puik gedoen.

Comment by Christa Snyman on September 17, 2019 at 8:51pm

Sjoe ek dink jy het baie goed gedoen hier, Tina. Puik komposisie met goeie beligting, stem saam oor effens afsny onder vensterbank. Welgedaan!

Comment by Pine on September 17, 2019 at 8:25pm

Baie goed beplan en geneem Tina! WD

Comment by Josef Steyn on September 17, 2019 at 5:33pm

Die venster werk uitstekend as 'n raam Tina.

Comment by Rika Schoeman on September 17, 2019 at 3:33pm

Die huis in die middelste paneel is 'n baie goeie fokuspunt en my oog gaan onmiddelllik daarheen. Baie mooi Tina.

Comment by Doretha Kock on September 17, 2019 at 2:30pm

Tina, 'n puik foto en goed beplan.

Comment by Tersia Weitsz on September 17, 2019 at 2:07pm

Hierdie deur die venster toneel en die boog van de venster is pragtig, baie mooi Tina.  Hoop jou pasiënt is gou op die been

Comment by Mark on September 17, 2019 at 12:47pm

Mooi interessante foto Tina. Ons praat altyd van derdes en hier is die venster ook pertoeval in derdes op gedeel. Die huisies buite in die onderste derde werk perfek, ek neem aan jy het so beplan.

Well done!

Comment by Elna Geringer on September 17, 2019 at 11:45am

Ek hou ook van daardie "van hier, na daar"-tonele en ek dink nogal ek het die uitdrukking by jou geleer. Ek dink met Hennie se raad gaan jy 'n wen foto sien maar die een is ook mooi. Ek is bly die pasiënt raak nou weer gesond.

Comment by Gerrie Lambrechts on September 17, 2019 at 9:12am

Goed gesien en geneem. Hennie se raad sal werk.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html