Met my soeke na goggas vanoggend kom ek af op hierdie stingeltjie wat afgeval het en hang nou onder die blom aan ń Spinnekop draadjie. Dit het rongeswaai met die geringste wind, so ek het geduldig gevag vir my kans.
Dankie vir die kommentare op my Jakkals foto van gister.

Views: 61

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rika Schoeman on January 18, 2020 at 8:54am

Dis baie goed raakgesien Pine, en jy moes uit die aard van die saak gebruik maak van die situasie soos dit is. Vir my is dit baie mooi!

Comment by Mark on January 18, 2020 at 7:37am

Ek kan net dink hoe moeilik dide fot moes gewees het, dis n goeie foto, misksien soos Joahn noem kan net die blink draadjie en dei klein blommetjie n goeie foto maak, dan sal net die donker area sigbaar wees wat die foto nie dan na 2 dele laat lyk nie.

Comment by Hennie Cronjé on January 18, 2020 at 7:35am

Net nog iets: Die spinnedraadjie moet liefs 100% vertikaal wees.

Comment by Hennie Cronjé on January 18, 2020 at 7:34am

Dis pragtig! Baie mooi skerp met goeie eenvoud en uitstekende kontras. Dit gee trefkrag. Wanneer iets afhang, is dit goed om dan bietjie meer spasie onder in te sit. Jy kon dus hier die boonste kleure uitgelaat het en meer spasie onder ingeruim het.

Comment by Vida van Schalkwyk on January 18, 2020 at 6:13am

well done pine!

Comment by Anita du Toit on January 18, 2020 at 12:35am

Dit is vir my pragtig en jy doen uitstekend onder moeilike omstandighede Pine. Mens kan verslaaf raak aan makro.

Comment by Johan Ayres on January 17, 2020 at 8:40pm

Welkom by die uitdagings van makro. Wind en makro gaan nie saam nie, nie eens 'n ligte briesie nie - daarom het jy gesukkel om die foto so skerp te kry soos jy graag sou wou. Maar ek dink jy het nogtans baie goed gedoen. Moenie te hard op jouself wees met hierdie foto nie, want dit is baie moeilik om hierdie toneel met 'n makrolens weer te gee soos wat jou oog dit waargeneem het, ek dink jy kan tevrede wees met jou foto. Vir nog meer vergroting kan jy oorweeg om 'n foto te maak slegs van die stingeltjie en die spinnerakdraadjie (maar daarvoor sal jy vir 'n windstil dag moet wag.) 

Comment by Magda vd Merwe on January 17, 2020 at 6:58pm

Pine dis bersonders mooi. Mooi detail

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html