Dieselfde Jakkalse as gister op dieselfde plek geneem, maar het die foto baie verander. Dankie vir die kommentare van gister.

Views: 72

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Heleen Moulder on January 22, 2020 at 1:29pm

Ai ek wens ek kan al die tegnieke nou baas raak, maar ek kom daar, dit is baie mooi. Jakkals bly maar skelm om af te neem ook... Baie mooi foto.

Comment by Tersia Weitsz on January 18, 2020 at 11:30am

Hul lyftaal spreek boekdele.  Ek hou van jou agtergrondkleure, wd

Comment by Mark on January 17, 2020 at 1:00pm

Pine jy het baie interessante terugvoer gekry, en ek voel dieselfde , daar is ruimte vir verbetering(self kan ek nie beter nie) maar dit wat jy al reeds reg gekry het met die foto verdien n pluimpie.

Comment by Rika Schoeman on January 17, 2020 at 10:57am

Die mooi in die foto lê beslis in die agtergrond-kleure wat so die kleure van die jakkalse baie mooi komplimenteer. Dan is daar ook die storie wat jy deur jou opskrif ondersteun. Die vervanging van die agtergrond het sekerlik heelwat tyd geverg, maar elke keer wat mens so iets aanpak, dan leer jy weer 'n bietjie by. Ek dink jy het goed gedoen Pine.

Comment by Johan de Beer on January 17, 2020 at 10:56am

pragtig en puik verwerking

Comment by Hennie Cronjé on January 17, 2020 at 9:35am

Dis pragtig! 'n Goeie komposisie met mooi lig en kleure. Dit lyk asof jy 'n nuwe agtergrond ingesit het, wat jy redelik goed gedoen het. Die haartjies op die dier se oppervlakte bly maar 'n probleem, maar jy het die seleksie goed gedoen. Die kleure in die agtergrond tel die jakkalse se kleure baie goed op. Baie mooi!

Comment by Elna Geringer on January 17, 2020 at 4:06am

Pine, Johan raak 'n punt aan wat vir vele van ons by verwerkings kopsere gee. In PS is daar 'n [select and mask] opsie waar hierdie probleem uit die weg geruim kan word. Dit is egter 'n proses wat ure kan vat om suksesvol te kry. Ek hou daarvan dat jy met sagteware iets anders aanpak. Dis mos waarvoor ons die programme het. Ek geniet jou foto's baie

Comment by Tina le Grange on January 16, 2020 at 10:10pm

Pine ek vind Johan se nota baie interessant; ek hou van die helder warm kleure.

Comment by Johan Ayres on January 16, 2020 at 9:17pm

Die agterste jakkals is baie mooi skerp. Jy het waarskynlik met 'n telefotolens op 'n lae f/stop geneem, wat die voorste jakkals uit fokus gegooi het. Ek dink jy het hier 'n baie ingewikkelde verwerking aangepak en dit baie suksesvol gedoen. Die agtergrond is baie mooi. En nou gaan ek iets sê wat ek self nie weet hoe om te doen nie: Die oorgang tussen die agterste jakkals en die agtergrond en die oorgang tussen die voorgrond en die agtergrond is dalk 'n bietjie te hard. Daar moet dalk 'n sagter oorgang wees wat die foto 'n meer natuurlike gevoel sal gee. Maar ek dink wel jou visie vir hierdie foto was korrek en met jou kennis van redigering en bietjie eksperimentering gaan jy skitterende foto's op hierdie manier uitsit.

Comment by Josef Steyn on January 16, 2020 at 8:21pm

Dit is asof hy wil sê: "Asseblief meneer!!"

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html