Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Comment
Baie dankie almal vir julle kommentaar dis lekker om te leer saam met julle PRO"S!
Oulike foto, wat vir my ook die gevoel gee van 'n "gesteelde oomblik". Mooi, Mara.
Baie goeie verwerking Mara!
Hier is 'n mooi primêr (die blomme) en sekondêr (die paartjie). Dis 'n ongewone opstelling, maar suksesvol en goed gedoen. Die verwerking is puik!
Dankie Josef ja dit was die idee dankie Magda ek waardeer ag die paartjie is gaande oor die foto dit is vir my belangrik dat hulle moet tevrede wees die klem was hoorsaaklik op die ruiker wat in die fiets geplaas was die res is n bonus. Dankie Elna ek hoor wat jy se.
Daar is vir my heelwat positiewe punte in die foto Mara. Vir my kom die foto oor as 'n 'gesteelde' intieme blik op 'n baie private oomblik. So beoordeel werk dit baie goed vir my.
Mara dis pragtig gedoen, ek dink ook net as daar nie ander elemente in die agtergrond was nie sou die klem sterk geval het op die bruidspaar.
Ek dink die idee was goed maar daar is te veel elemente wat die kyker se aandag wegtrek van die bruidspaar. Ek glo jy wou hulle die hero in die foto maak, maar die ruiker voor hou die oog vas. Daar vandaan gaan dit na die weerkaatsings aan die bo-kant en dan eers kom dit by die paartjie uit. Onthou dat die oog, meeste van die tyd, die helderste element in die raam eerste raak sien, in die geval die ruiker.
Dankie julle!
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool