Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. ‘n Tyd gelede het ons ‘n draai gaan maak in die Western Shore gedeelte van die Isimangoliso Park by St Lucia. Die wind het baie sterk gewaai en die palm se bewegende blare al na die een kant toe het gemaak date k “STOP” skreeu vir my Chaufeur…………

Ek is nie tans baie aktief met krits nie en ek vra groot askies daarvoor. Ons is besig om te pak en dit gaan so bietjie rof hier. Ek sal iewers weer opvang


Canon 7D MK I : Canon 18-200 mm lens
Brandpuntafstand : 60 mm
Tyd 1/25 sek
f/22
ISO 100
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode
Topaz : Glow - Fur & Feathers : Cuddly Critter I

Views: 25

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Christa Snyman on November 8, 2019 at 9:10pm

Jy het regtig baie goed gedoen met die stadige sluiterspoed. Ek sien wel effense beweging by die punte van sommige takkies.

Comment by Mark on November 8, 2019 at 3:33pm

Mooi foto Elna, verbasend, soos ander ook sê dat die blare mooi in fokus is.

Comment by Josef Steyn on November 8, 2019 at 11:30am

Die idee van sterk wind kom goed oor. Verbasend dat die lae sluiterspoed so 'n skerp beeld kon gee. Sterkte met die pak!

Comment by Tersia Weitsz on November 8, 2019 at 10:53am
Ek is self verbaas oor die spoed en skerpheid, dalk die f stop? Baie mooi Elna
Comment by Hennie Cronjé on November 8, 2019 at 7:35am

Dis ‘n pragtige foto met goeie komposisie. Die boom is reg geplaas. Baie mooi skerp ten spyte van die wind. Darem maar wonderlik dat ‘n kamera so vinnig kan skiet om sulke beweging te vries. En om dan al die fyn detail vas te lê. Ek sien egter jou spoed hier was net 1/25 sek en dit verbaas my werklik dat jy skerp fokus gekry het. Miskien kan jy verduidelik..... Baie mooi!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html