Simboliese Filosofie: Waarlik, een dag in die huis van my Vader is beter as ñ 1000 daarbuite. Ek was so opgewonde oor dié foto!! Ek het ook vandag ñ getuienis: Vanoggend wou my foto nie oplaai nie en na redelike gesukkel het ek bes gegee, maar die volgende Woord het tot my gekom. " My tyd is nie jou tyd nie " Hierdie is ñ bekende skrifgedeelte en ek het net ervaar dat God sê as dit Sy tyd is moet daar niks wees wat belangriker as Hy is nie. Na ñ redelike tydsverloop, het my foto nou sommer vinnig opgelaai!!!

Views: 84

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on September 16, 2019 at 3:46pm

Pragtig! Dis baie goed gedoen. Dankie ook dat jy jou innerlike ervaring hiermee met ons deel. Mooi!

Comment by Hennie Cronjé on September 16, 2019 at 3:45pm

Pragtig! Dis baie goed gedoen. Dankie ook dat jy jou innerlike ervaring hiermee met ons deel. 

Comment by Adriaan Loots on September 16, 2019 at 12:58pm

Baie mooi verwerking Willie en `n goeie les uit die hele episode gekry. 

Comment by Tersia Weitsz on September 16, 2019 at 11:16am

Meer gepas dink ek nie sal jy sommer kry nie, baie mooi Willie

Comment by Rika Schoeman on September 16, 2019 at 10:22am

'n Les wat ons soms moeilik leer Willie, maar dankie dat jy ons weer herinner daaraan. Pragtige foto met 'n baie interessante verwerking.

Comment by Willie Schoombee on September 16, 2019 at 6:33am

Ek kan maar weer eens net baie dankie sê vir jul kommentare, waarvan ek elkeen waardeer. Anita jy is reg, dit lyk my geduld is die wagwoord. Ek dink die volgende gesegde sal vandag goed pas by die foto. Willy B White het gesê: " Om in enige poging te slaag vereis ñ onverbiddelike geloof in jouself. Ons moet toegewyd wees. Ons kan ons bestemming bepaal. " 

Comment by Dine Potgieter on September 15, 2019 at 11:24pm

Fassinerend - welgedaan! En waar woorde

Comment by Koos de Wet on September 15, 2019 at 7:41pm

Baie mooi Willie en dankie vir jou mooi woorde.

Comment by Pine on September 15, 2019 at 6:46pm

Baie Interessante en Kunstige verwerking wat jy hier gedoen het. Jou foto hou mens lekker besig om te probeer uitpluis wat jy hier gedoen het. Treffende woorde en ń Baie Goeie foto Willie!!

Comment by Gerrie Lambrechts on September 15, 2019 at 6:28pm

Goed gedoen Willie.  Mooi herhalings.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html