Geneem tydens 'n interessante besoek Saterdag aan die Willem Pretorius wildtuin by Allemanskraaldam (Aldam) tussen Winburg en Ventersburg. Daar is onder andere buffels en kameelperde ook, en 200 verskillende voëlspesies!

Views: 19

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rika Schoeman on December 3, 2019 at 8:50am

Die driehoeke in die komposisie is goed beplan en dan lei die renosterspore die oog tot by die water.  Baie goed gedoen Vida.

Comment by Anita du Toit on December 2, 2019 at 10:37pm

Goeie komposisie ook .. Goed gedoen Vida!

Comment by Josef Steyn on December 2, 2019 at 4:40pm

Die foto getuig van jou goeie oog Vida. Uitstekend saamgestel. Ook gevoelvol.

Comment by Erika Kotze on December 2, 2019 at 2:53pm

Mooi een Vida! Ek bly so 20 km van Aldam af, vlg keer koffie!

Comment by Tersia Weitsz on December 2, 2019 at 2:46pm

Nou vat jy my jare in die verlede, Vida.  Baie as kind daar gekom,  mooi foto

Comment by Hennie Cronjé on December 2, 2019 at 2:07pm

Dis baie mooi en goed gedoen. Die spore vorm 'n mooi sterk voorgrond, met die plantjies en selfs wolke agtertoe die agtergrond. Dit gee mooi diepte. Die beligting was ook baie goed met realistiese kleure. Mooi skerp ook regdeur. Baie mooi gesien en uitgevoer!

Comment by Pine on December 2, 2019 at 8:54am

Pragtige foto Vida! Hoop jy het hulle darem gesien ook.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html