Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Die blommetjie is van ‘n Rissieplant. Dis piepklein en hang koppie na onder aan die plant. Elke oggend as ons ontbyt eet sien ek die blommetjies en elke dag sê ek vir Huey ek moet die blommetjies afneem, maar die wind roer hulle nogal ags dit so klein is en ek bly uitstel. Wel, op ‘n dag het ek die bul by die horings gepak en plat op my rug onder die plant gaan stelling inneem, met die marko lens op die kamera. Wind was lasting maar ek dink die een wys die mooi detail wat daar in die klein blommetjie is (Die rissies wat hier gevorm word is nogal warm…….)

Canon 7D met Sigma 105mm 1:2.8 Makro lens
Brandpuntafstand : 105 mm
Tyd 1/13 sek
f/22
ISO 1000
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode

Views: 40

Albums: Makro

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dawid Roos on October 12, 2018 at 11:26am

LOL wat Willie sê...kan nogal my indink hoe dit moes lyk hahaha...wg Elna..ek fermanteer die rissies en maak my eie souse..amper so lekker as om foto's te neem.. 

Comment by Willie Schoombee on October 12, 2018 at 11:20am

As dit nou nie ñ motivering is nie, dan weet ek nie. Elna jy het goed gedoen, ek neem aan Huey moes hand bysit met die opstaan slag.

Comment by Tersia Weitsz on October 12, 2018 at 10:36am

Wow Elna, die detail van die blommetjie, agtergrond pragtig.  Jou moeite om op jou rug te gaan lê onder die plant, het jou n lieflike foto gegee

Comment by Albertyn Potgieter on October 12, 2018 at 9:42am

Uitstekend gedoen Elna!! Pragtige detail wat jy in die wit gekry het en die blommetjie se stam en die agtergrond komplimenteer mekaar ook nog meer! Pragtige foto, wat die "op-die-rug" lê die moeite werd gemaak het!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html