Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Die blommetjie is van ‘n Rissieplant. Dis piepklein en hang koppie na onder aan die plant. Elke oggend as ons ontbyt eet sien ek die blommetjies en elke dag sê ek vir Huey ek moet die blommetjies afneem, maar die wind roer hulle nogal ags dit so klein is en ek bly uitstel. Wel, op ‘n dag het ek die bul by die horings gepak en plat op my rug onder die plant gaan stelling inneem, met die marko lens op die kamera. Wind was lasting maar ek dink die een wys die mooi detail wat daar in die klein blommetjie is (Die rissies wat hier gevorm word is nogal warm…….)
Canon 7D met Sigma 105mm 1:2.8 Makro lens
Brandpuntafstand : 105 mm
Tyd 1/13 sek
f/22
ISO 1000
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode
Tags:
Albums: Makro
Comment
Baie mooi! My eie rissieplantjie het ongelukkig dit nooit tot by die fotografie-stadium gemaak nie.
Dis baie goed gedoen Elna, die verwerking pas perfek
Jou moeite is beslis beloon met 'n pragtige foto, Elna - waar was Huey met sy kamera om jou te kiek?
Al die moeite werd Elna...pragtig geneem.
Pragtig Elna, hou van die verwerking
Skerp, baie goeie makrowerk en beligting met detail op die wit.
Vreemde blommetjie. So tussen die wind deur goed gedoen.
Elna dankie dat jy die bul by die horings gepak het om vir ons te bederf met hierdie besondere blommetjie; pragtig! Detail en agtergrond treffend.
'n Mooi eindresultaat na al die inspanning om die blommetjie uit 'n ander hoek te neem. Goed gedoen Elna.
Wanneer mens so baie moeite doen kan ’n foto nie anders as pragtig wees nie.
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool