Rug teen rug saamstaan in Tshokwane omgewing

Views: 88

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter on January 13, 2019 at 4:41pm

Baie mooi - iets anders!

Comment by Johan Ayres on January 13, 2019 at 4:39pm

Ek dink juis die beligting (trubeligting) het jou hier gehelp. Verder, baie skerp met baie goeie komposisie.

Comment by Susan on January 13, 2019 at 2:16pm

Ai dis nou oulik, ek hou van jou "back light" foto op die 2. Ek glo ook as jy so bietjie speel in PS gaan jy 'n nog mooier foto kry. Jou DOF was goed hier. MOOI.

Comment by Anita du Toit on January 13, 2019 at 12:18pm

Dis nou vrek goed gedoen om die "pose" te kry Pine!

Comment by Rika Schoeman on January 13, 2019 at 12:07pm

Dit is 'n besondere foto, en 'n toneel wat homself dalk nie maklik weer sal herhaal nie. Baie mooi gedoen Pine.

Comment by Gerrie Lambrechts on January 13, 2019 at 10:49am

Baie mooi en interessante foto.  Niemand kan genoeg oor fotografie weet nie. Ons almal leer hier nog elke dag.

Comment by Hennie Cronjé on January 13, 2019 at 7:24am

Uitstekend! Die twee vorm 'n unieke beeld saam en jy het dit pragtig gefotografeer. Mooi!

Comment by Tersia Weitsz on January 13, 2019 at 6:28am

Haha en linkerkantste een loer so effens oor die skouer.   Harde lig reeds aangespreek.  Goed gedoen onder  omstandighede

Comment by Bruwer Burger on January 13, 2019 at 4:53am

Die twee begrafnis ondernemers lyk nog na jong voels en "pose" baie mooi. Die probleem hier is nie die foto nie maar die lig Pine as ek my mening kan gee. Dit is baie moeilik om 'n foto te neem teen die son en soos dit gaan met wildfotografie is die son meestsl aan die verkeerde kant:-)) Jy het goed gedoen teen die lig in.

Comment by Elna Geringer on January 13, 2019 at 4:52am

Pine, jy het sekerlik al agter gekom dat foto's neem van diere en geveerdes nie altyd geleentheid gee om al die reëls en regulasies van fotografie 100% na te kom nie, veral in die wildtuine. Een van ons grootste vyande, in veral die wildtuin, is sekerlik die tyd van die dag. Ons weet dat lig hier van 10h30 na 15h00 nie regtig aanvaarbaar vir fotografie is nie, maar nou hoe gemaak as jy met vakansie is, en die toneel soos jy hier het, kom voor jou lens staan?  Dit lyk nogal of hulle snappy naby aan 12h00 geneem is en kom bietjie "hard" voor. Kyk of jy in Snapseed dalk die kontras  kan opskuif. Jy kan ook belê in 'n Polariseerder vir jou lens wat soms help met die neem van foto's in harde lig

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html