See- & Landskappe 28.

By die tweede hangbrug by Stormsrivier waar die branders om die rotspunt breek. Hierdie foto het ek ook op Monochrome geneem en is nie verwerk nie.

Views: 35

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Doretha Kock on September 20, 2017 at 10:25am

Treffende foto, Willie.

Comment by Willie Schoombee on September 20, 2017 at 7:05am

Dankie vir jul kommentare en opmerkings ek waardeer. Nou ja Johan is weer reg ek het daarna gekyk, maar dan raak die donker dele in die foto te donker en verloor ñ mens detail, so daarom het ek net by die oorspronklike Monochrome gehou. Ek beskou hierdie maar as toetslopies en ek dink nie die kamera vervaardigers sou ñ Monochrome in gebring het as hulle dink dit werk nie. Mag jul dag gevul wees met vreugde en moet asb geen geleentheid laat verlore gaan nie.

Comment by Johan Ayres on September 19, 2017 at 8:54pm

Vir in-kamera monochrome dink ek die kontras is goed. Indien jy meer kontras wou hê, sou jy dit sekerlik verwerk het, so ek dink jy het suksesvol reggekry wat jy wou hê.

Comment by Dine Potgieter on September 19, 2017 at 7:28pm

Mooi! Lae kontras is redelik tipies van in-camera mono. 

Comment by Hennie Cronjé on September 19, 2017 at 5:11pm

'n Mooi foto met drama en 'n goeie komposisie. Die kontras strek wel van spierwit (branders) tot pikswart onder die brug, maar waar dit saak maak (die brug self en die mense) is die kontras te laag - lig moet ligter kom. Dit sal die brug en mense sterker as fokuspunt laat uitstaan.

Comment by Tina le Grange on September 19, 2017 at 3:27pm

Willie baie besonders in swart en wit en ek hou van die twee persone op die brug.

Soos Hennie altyd sê "swart is swart en wit is wit.

Comment by Magda vd Merwe on September 19, 2017 at 2:13pm

Baie goed gedoen Willie, werk perfek in W/S

Comment by Josef Steyn on September 19, 2017 at 2:07pm

Ek sal dit ook een of ander tyd moet probeer Willie. As jy geen verwerking gedoen het nie kan jy miskien kyk of daar nie dalk 'n bietjie meer kontras by die rotse bewerkstellig kan word nie.

Comment by Marenschia Goosen on September 19, 2017 at 1:46pm

Pragtig

Comment by Elna Geringer on September 19, 2017 at 10:21am

Pragtig Willie.

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html