Terwyl ek so van tuin tot tuin gaan hier in Hartenbos op soek na goggas en ander klein goedjies, loop ek toe hierdie tuinwerker raak. Al wat ek by my gehad het was my 100mm makrolens, maar gelukkig maak dit 'n ideale portretlens ook. (Dit is sommer deels 'n antwoord op Elna se navraag op die forum.)
(NS! O, genade, nadat ek hierdie foto geplaas het en die onderskrif geskryf het, lees ek toe Gabriel se antwoord op Elna se navraag en amper druk ek die delete knoppie, want ek is nie 'n portretfotograaf nie. So kom kyk maar later na Gabriel se ingeligte mening.)

Views: 77

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Karen Kemp on November 16, 2018 at 3:53pm

uitstekend eks mal hieroor!! jy mag maar weer portrette neem...hy lyk soos n cowboy van ouds!

Comment by Anita du Toit on November 11, 2018 at 11:15pm

Baie goed gedoen Johan!

Comment by JJ on November 11, 2018 at 8:42pm

Puik foto en ja die makrolens werk goed vir die portret

Comment by Christa Snyman on November 11, 2018 at 8:33pm

Pragtige foto, JOhan. Goeie kontras, beligting en skerp fokus.

Comment by Tina le Grange on November 11, 2018 at 5:22pm

Die fokus, kontras, beligting, eenvoud, agtergrond - briljant Johan! 

Comment by Lynne Rapson on November 11, 2018 at 1:42pm

Pragtig! Goeie detail

Comment by Bruwer Burger on November 11, 2018 at 12:41pm

Dit is stunning Johan...Wow!!

Comment by Hennie Cronjé on November 11, 2018 at 9:59am

Pragtig! Jou makro-beligting het uitstekend gewerk met mooi lig onder die hoed in. Dis werklik 'n uitstekende foto!

Comment by Elna Geringer on November 11, 2018 at 9:58am

Hahahahaha, dankie Johan. Beide Willie en Gabriel het my vraag beantwoord. Hierdie foto van jou het so baie kontras en die verwerking pas perfek

Comment by Vida van Schalkwyk on November 11, 2018 at 7:16am

uitstekend!! ek hou van jou swart-en-wit aanbieding johan, en die blink in sy oë!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html