Kom ons begin maar met my mees onlangse foto. Geneem by Slangkop, Kommetjie teen sonsondergang. Fuji X-T3; 10-24mm

Views: 98

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Pieter Steyn on May 22, 2019 at 5:45am

Baie mooi uitstekende verwerking

Comment by Donald Daniel Jacobs on May 21, 2019 at 9:36pm

WOW! dis pragtig

Comment by Riaan on May 21, 2019 at 9:22pm

S/W foto's kan tsv mooi kontraste soms dood wees, maar jou foto wys die teendeel BAIE goed. die wolke wil regtig lyk of hulle inwaai. baie goed gedoen Mickey en welkom van nog 'n Wes Kapenaar

Comment by Magda vd Merwe on May 21, 2019 at 7:14pm

Mickey baie welkom. Jou foto is iets besonders.

Maar kyk net na jou horisontale lyn, so bietjie skeef.

Comment by Gerrie Lambrechts on May 21, 2019 at 6:33pm

Welkom by ons FotoSkolers.  Pragtige foto.  Ek glo jy sal dit saam met ons hier geniet.

Comment by Pine on May 21, 2019 at 6:12pm

Baie welkom Mickey. Jou eerste foto is PUIK!

Comment by Tersia Weitsz on May 21, 2019 at 5:20pm

Mickey, baie welkom hier by Fotoskool.  Jy skop af met 'n uitstekende foto

Comment by Hennie Cronjé on May 21, 2019 at 5:17pm

Mickey, baie welkom hier op Fotoskool. Ek vertrou dat jy dit baie gaan geniet en ook baie sal leer. Maar as ek na jou foto kyk, dink ek ons gaan baie by jou leer, want jy skop af met 'n uitstekende foto. Dis 'n pragtige seeskap met wonderlike diepte. Die lyne wat die wolke maak, aksentueer die diepte. Verder is die plat klip heel voor belangrik, omdat dit 'n goeie voorgrond vorm. Laastens, die verwerking is uitstekend met baie goeie kontraste. Baie geluk met hierdie foto!

Comment by Willie Schoombee on May 21, 2019 at 3:43pm

Mickey welkom aan nog ñ Kapenaar by FS, dit is ñ baie goeie komposisie, laag ingegaan wat ñ goeie voorgrond geskep het, dramatiese wolke en die toring goed geplaas, puik S/W fotografie. 

Comment by Rika Schoeman on May 21, 2019 at 2:50pm

Welkom by Fotoskool Mickey. Ek hou baie van jou foto en die verwerking werk goed omdat daar genoeg kontras tussen lig en donker is.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html