Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Ek lees wat die raad is en ek leer. Gisteraand was hierdie die toneel vanuit my kombuis venster, wat in 'n westelike rigting kyk. Ek het hierdie foto net so effe skerp gemaak en die grootte verander. Verder is dit net soos ons Hemelse Skilder te gemaak het



Apple iPhone
Brandpuntafstand : 4.25 mm
Tyd 1/120 sek
F/1.8
ISO 64

Views: 33

Albums: Sel Foon

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rika Schoeman on Wednesday

Pragtige, besondere kleure en sekerlik 'n voorreg om so 'n sonsondergang te beleef. Mooi Elna.

Comment by Gerrie Lambrechts on Wednesday

Baie mooi kleure en foto.

Comment by Linda Erasmus on Wednesday

mooi Elna, dit is heerlik om so n uitsig vanuit jou kombuis te he, ek dink julle gaan lekker bly daar!

Comment by Hennie Cronjé on Wednesday

Indrukwekkend! Die pers kleur is ongewoon, maar met 'n ervare persoon soos jy neem ek aan dit was so. Die horison is mooi laag geplaas en die beligting en kleure is eersteklas. Weens die verskerping is daar halo's waar die kontras hoog is - veral om die takke van die bome. Dis iets wat jy moet vermy. Jy moet op elke foto wat jy verwerk daarvoor uitkyk en dit verminder of wegkry met 'n masker. Laat weet my asb as jy nie mooi weet hoe om dit te doen nie.

Comment by Dine Potgieter on January 14, 2020 at 10:17pm

Baie mooi - ek sal nie omgee vir so 'n uitsig uit my kombuisvenster nie...Ek kan my elke dag verkyk aan die wolke oppad huistoe, en ek wonder of my mede-pendelaars dit raaksien...

Comment by Pine on January 14, 2020 at 10:08pm

Baie Baie mooi foto Elna!! ( Ek is bewus daarvan dat dit as gevolg van ñ genetiese afwyking is dat die Koning Jagluiperd anders lyk )

Comment by Tina le Grange on January 14, 2020 at 9:52pm

Besondere kleure Elsa, soos Gerrie en Josef, verras julle ons met julle nuwe omgewings.

Comment by Magda vd Merwe on January 14, 2020 at 6:31pm

Elna dis n pragtige foto, en die kleure is awesome.

Comment by Josef Steyn on January 14, 2020 at 6:14pm

Dit is sommer super spesiaal Elna. Jy het hom uitstekend gevang en die kleure is asemrowend.

Comment by Tersia Weitsz on January 14, 2020 at 5:44pm

Ongelooflik mooi Elna

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html