Gister opad huistoe kon ek nie help om eers te stop en 'n foto te neem van die pragtige toneel nie! Daar was nie veel om in die voorgrond te plaas nie so die doringdraad moes maar doen.

Views: 79

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Josef Steyn on May 17, 2018 at 3:38pm

Mooi gedoen Hannes.

Comment by Elna Geringer on May 17, 2018 at 2:19pm

Hannes, een van die min fotos waar die doring draad werk. Pragtige mooi toneel. Het jy selfoon gedoen of is jou kamera langs jou in die kar???

Comment by Rika Schoeman on May 17, 2018 at 8:16am

Soveel hoofde, soveel sinne, lui die spreekwoord. Of die draad nou daar is of nie, dit bly 'n mooi sonsondergang!

Comment by Willie Schoombee on May 17, 2018 at 8:03am

Ek lief jou draad wat jy ingebring het Hannes, want dit is hoe jou oog die toneel waargeneem het. Jy het dit mooi laag geplaas en dan baie goeie ruimte in die boonste deel van die foto geskep met daardie pragtige roesbruin gekleurde wolke. Pragtig!!

Comment by Dine Potgieter on May 16, 2018 at 10:10pm

Ns - dit maak ook die foto bietjie iets "anders" en interessanter as die generiese sonsondergang-fotos, met die tipiese kombinasie van lug en amorfe, swart voorgrond - ek glo jy het die regte besluit geneem.

Comment by Dine Potgieter on May 16, 2018 at 10:08pm

Die draad werk vir my heel goed. As toevallige irritasie in 'n klassieke landskapfoto kan ek verstaan hoekom dit vermy word, maar hier is dit tog die onderwerp van die foto - en werk vir my.

Comment by Johan Ayres on May 16, 2018 at 8:51pm

Pragtige sonsondergang en pragtige foto Hannes. Maar waarom wil jy noodwendig die draad insit, waarom wil jy 'n voorgrond hê, anders as die horison, met so pragtige sonsondergang? Hierdie is nie kritiek nie, maar neem die draad nie iets van die sonsondergang weg nie? Dit bly nietemin 'n baie mooi foto.

Comment by Tersia Weitsz on May 16, 2018 at 6:40pm

Goed gedoen Hannes

Comment by Gerrie Lambrechts on May 16, 2018 at 6:35pm

Mooi foto, kleure is pragtig met goeie lae horison.

Comment by Pieter Steyn on May 16, 2018 at 6:17pm

mooi een vir my

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html