Baie dankie vir al die leersame kommentaar op my fotos.. ek kom elke dag agter hoe min ek wel weet van fotografie... ek leer, hou moed. In al die hartseer tyd nou veral Spanje, het ek gedink om vir julle hierdie olyfboom gedateer volgens die geskrifte in hierdie ou ampfiteater voor Christus< te plaas. Stellings: 1/320 F/1- ISO 800. Dit was baie onweer, daaroor my rede vir hoër ISO.

Views: 26

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rika Schoeman on March 26, 2020 at 3:06pm

Baie besondere boom Heleen, met die sementblokke 'n goeie leidende lyn na die interessante stam. Dankie ook vir die inligting.

Comment by Elna Geringer on March 26, 2020 at 1:50pm

Wat 'n pragtige foto van die Bybelse boom. Die klippe gee die kyker die idee van die ouderdom van die boom en omgewing. Puik gedoen Heleen

Comment by jan jordaan on March 26, 2020 at 10:18am

PUIK 

Comment by Hennie Cronjé on March 26, 2020 at 7:14am

Mens kan 'n kamera leer werk in een dag, maar dit neem 'n leeftyd om fotografie te bemeester. Hierdie foto is pragtig. Die boom vertoon besonder mooi en die foto is baie goed uitgevoer. Bewolkte weer is oor die algemeen die fotrograaf se vriend. ISO 800 is gladnie baie hoog nie. Baie mooi en goed gedoen!

Comment by Anita du Toit on March 25, 2020 at 11:38pm

Dis nou interessant Heleen, baie goed gedoen met die temafoto!

Comment by Pine on March 25, 2020 at 10:45pm

Mooi foto met interessante inligting Heleen.

Comment by Josef Steyn on March 25, 2020 at 8:53pm

Mooi foto van 'n baie geskiedkundige boom

Comment by Rassie van Graan on March 25, 2020 at 8:34pm

Interessant en geskiedkundig.

Comment by Tina le Grange on March 25, 2020 at 5:38pm

Dankie ook dat jy altyd jou kamera se verstellings gee, dit help my baie.

Comment by Tina le Grange on March 25, 2020 at 5:36pm

Hallo Heleen, lekker jou weer te sien nadat ekself ook rondgeloop het.

Ek het gister jou Artikel in April se WEG gelees en dit baie geniet.  Baie oulik hoe jy die foto's ingeweef het saam met die storie.  Veels geluk; jy is baie oulik.

Pragtige Olyfboom, skerp fokus, goeie komposisie en stem saam; simbool van nou se hartseer wêreldwyd alhoewel baie van ons ook nog baie dankbaarheid het.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html