Ek deel graag met julle hierdie foto omdat ek gefassineer was met die spinnekop en probeer het om te sien wat se knoppies op die rug was. Ek het die spinnekop in 'n glasfles gesit en vlieë gevoer en vir 'n lang ruk dopgehou. Op die foto kan mens sien dat sy 'n vlieg gevang het. Die kolletjies op haar rug is toe klein spinnekoppies, want na 'n ruk het hulle begin afklim en rondloop. Ek weet nie of die geel bolletjies iets is waarvan hulle leef voordat hulle die ma verlaat nie. Ek het nie 'n makrolens nie, en het maar die beste gedoen wat ek kon. Ek weet ook nie of dit 'n giftige spinnekop is nie. Dalk kan julle fotoskolers help?

Views: 105

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Riaan on January 14, 2018 at 8:57pm

ja almal het hulle plekke inni son (en snags onder die maan) maar vir reënspinnekoppe het ek ook nie tyd nie. soos Rassie tereg opgemerk het is die geitjie en verkleurmannetjie bevolking in my tuin ook grootliks uitgewis deur hulle. hierdie Wolfspinnekoppe is egter 'n aanwins vir enige tuin en hulle kom ook maar in talle kleure, vorms en groottes, nie een van die spesies groter as 20mm, voor maar almal onskadelik vir die mens (ja sommige is groter en kan wel 'n pynlike byt gee maar altyd uit selfverdediging veral wanneer mens in die tuin krap of snags in jou tuin rondbeweeg en per abuis hom raaktrap of vasdruk met die geskoffel). regtig 'n mooi skoot van hierdie wyfie met haar kroos en die kleur van die kleintjies wissel maar na gelang van die spesie

Comment by Rika Schoeman on January 14, 2018 at 4:50pm

Baie dankie vir al die interessante inligting wat jy gee, Rassie! Ek was maar versigtig met die hantering van die spinnekop, en dalk ook maar goed. Dankie vir julle wat saam gekyk het.

Comment by Dine Potgieter on January 14, 2018 at 9:47am

Mooi gevang! Ek deel Gerrie se sentiment...oa omdat ek nogal lief is vir die geitjies wat hier rond hang.

Comment by Tersia Weitsz on January 14, 2018 at 9:30am

Goed gedoen, al hou ons nie van alle goggas en goed nie, is die natuur darem maar n wonderlike skepping!

Comment by Rassie van Graan on January 14, 2018 at 8:54am

Rika, die naaste wat ek aan die outjie kan kom is die wolf spinnekop.  Sy byt is baie pynlik maar nie dodelik nie.  Hulle kom vrylik in die VSA voor maar dit is ook moontlik om hulle hier aan te tref.  Hoewel spinnekoppe vir my baie interessante goggas is en hier waar ons woon sommer baie is (!), is ek maar ligvoets vir hulle.  Die reënspinnekoppe het ons in oorvloed, hulle is baie groter en spin 'n groot ronde nes wat gewoonlik aan 'n struik in die tuin hang.  As die kleintjies uitbroei, spring hulle met 'n 'bungie'-draad uit die nes en maak spore.  Hulle het omtrent al die geitjies en akkedisse hier uitgeroei.  Wag gewoonlik snags hul prooi by 'n buitelig in, byt hom en suig dan die sap uit die prooi uit!

Comment by Christa Snyman on January 13, 2018 at 9:41pm

Baie interessante inligting wat jy met ons deel, Rika. 

Comment by Gerrie Lambrechts on January 13, 2018 at 8:12pm

Baie goed geneem, jy is baie braaf.  Kan dalk ’n reënspinnekop wees.  By my sou dit nie oorleef nie. Jammer.

Comment by Hennie Cronjé on January 13, 2018 at 7:00pm

Dis baie interessant - baie dankie!

Comment by Elna Geringer on January 13, 2018 at 3:14pm

Eish.......

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html