So lyk dit waar daar vis gevang word in Namibie op die strand. As 'n voertuig padgee, sak 'n wavrag meeue op die plek toe in die hoop om stukkies aas te kry. Die foto is 9h30 ongeveer geneem.


Jammer dat ek skielik uit die skool gedros het, moes gaan help met siek kleingoed in die winter. Dankie aan elkeen wat by my jakkalse stil gestaan net

Views: 39

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Anita du Toit on June 14, 2018 at 12:46am

Jy laat my nou regtig terugverlang.. Mooi!

Comment by Dean Swanepoel on June 13, 2018 at 4:43pm

Baie mooi Tersia. Ons mag glad nie hier op die strand ry nie. Water skilpaaie le hulle eiers nou die tyd. 

Comment by Herman Swanepoel on June 13, 2018 at 3:46pm

Mooi raakgesien en mooi foto Tersia.

Comment by Ferdinand van der Merwe on June 13, 2018 at 3:14pm

Is dit julle wat so spore gemaak het

Comment by Josef Steyn on June 13, 2018 at 2:45pm

Lelike spore maar mooi lyne.

Comment by Rika Schoeman on June 13, 2018 at 1:49pm

Die voertuig in die verte gee perspektief ten opsigte van die diepte wat jy verkry het. Baie mooi Tersia.

Comment by Gerrie Lambrechts on June 13, 2018 at 12:37pm

Mooi gesien en goed geneem Tersia.  Ai dit is mos maar waarvoor ouma's daar is.

Comment by Hennie Cronjé on June 13, 2018 at 11:22am

Ai, hierdie spore maak my hart seer. Maar dis 'n pragtige foto met mooi sterk leidende lyne wat jou oog van voor na doer ver neem. Goeie beligting, skerp fokus en mooi kleure. Baie mooi!

Comment by Adriaan Loots on June 13, 2018 at 11:18am

Die spore lei na die voertuig wat baie diepte gee, mooi gedoen Tersia

Comment by gabriel parsons on June 13, 2018 at 10:37am

Baie mooi tersia

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html