Straatfotografie Rosettenville 4 (Mama Afrika)

(Baie dankie aan Josef, Pieter, Elna en Donald wat op hierdie foto gekrit het. Ek het die vorige plasing gewis en ek plaas hom weer.)
Ek probeer met hierdie reeks die omstandighede in die straat oordra soos wat ek dit daar ervaar het. Daar is twee dinge wat my opgeval het tydens die neem van die foto's. Die eerste was die vriendelikheid van die mense en die tweede is die feit dat ek weereens onder die indruk gekom het van die stryd om bestaan wat baie mense daagliks voer. Ek is daar weg met 'n nuwe dankbaarheid vir die seëninge wat ek daagliks as vanselfsprekend ervaar. Daar is baie kleurvolle graffiti in die straat wat die foto's onvermydelik besig maak, anders as my normale styl en voorkeur.

Views: 23

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Vida van Schalkwyk on Monday

treffende foto johan! ek geniet jou interessante reeksie!

Comment by Hennie Cronjé on Monday

Dit lyk vir my die kleure is effens beter as in die vorige weergawe. Dis pragtig! Die komposisie is baie goed en die foto vertel 'n storie. Baie mooi!

Comment by Josef Steyn on Monday

Tipies Afrika. Pragtige foto wat 'n mens se hartsnare roer.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html