Kamera D750 en Tamron 150-600 Lens

Views: 51

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on July 27, 2019 at 3:19pm

Ek leer ook hier by Hennie ags "halo's" my dikwels in die hek laat duik. 'n Pragtige Arend wat ons net altyd in vlug sien. (ek stem saam tov die logo Deon, maak dit kleiner en skuif dit na die regtekantse hoek)

Comment by Tersia Weitsz on July 27, 2019 at 9:59am
Goed gedoen Deon, maar ek leer saam met jou by Hennie
Comment by Hennie Cronjé on July 27, 2019 at 7:52am

Dis pragtig! Baie mooi skerp met 'n goeie komposisie en ook goeie beligting. Op volgrootte sien mens 'n fyn witterige halo om die voël. Dis weens die sterk kontras tussen die donker van die voël en die blou lug, wat helderder is. Die halo word versterk deur vermeerdering van kontras en verskerping op die rekenaar. Mens moet altyd daarvoor oplet en die uithaal. Mens dupliseer die foto en verskerp die foto. As daar 'n halo is, kliek die masker icon ('n blokkie met 'n sirkeltjie in, in die Layers palette) en 'n wit masker sal in die Layers palette gesien kan word. Neem dan 'n sagte swart brush op 50% opacity (hoër as die halo sterk is) en verf oor die halo. Daarna druk jy Shift+Alt+Control/Command+E om 'n nuwe skoon layer te begin waarop jy verder kan werk. Laastens, jou logo is bietjie te prominent weens die wit (wat aandag trek) en dis bietjie aan die groot kant. Maak dit asb kleiner met 'n sagter agtergrondskleur.

Comment by Mark on July 27, 2019 at 7:39am

Mooi foto Deon. Die skerpheid van die fokus op die vere deatial raak so bietjie sag as mens op volgrote kyk. Ek sien die hele bos is ongeveer dieselfde fokus, dalk sou direkte fokus op sy oog beter gewees het

Comment by Willie Schoombee on July 27, 2019 at 6:38am

Baie mooi Deon, een van daardie spesiale Arende. Mooi met die vere wat so pof.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html