Taal Monument in Geheel (die foto het Huey geneem)

Aan elkeen wat die reeks saam gekyk het, sê ek baie dankie. Ek het die verwerking van die reeks geniet en van elkeen se krit iets geleer. Dankie aan Gabriel vir die forum wat hy tov argitektuur fotografie geskryf het. Ek het baie antwoorde daaruit gekry

Hiermee dan nou die laaste foto met die verduidlik van elke suil:

A. Links (wes) van die aantrede tot die monument staan drie suile wat die Wes-Europese tale en kulture verteenwoordig – Hollands, Frans, Duits, Portugees en ander. Nie een van die suile verteenwoordig ʼn spesifieke taal nie; die getal drie is gebruik omdat dit ondeelbaar is.

B. Die Maleise taal en kultuur word deur ʼn muur op die trapaantrede van die monument voorgestel. Die muur is só tussen die kurwes van Wes-Europa en Afrika geplaas dat dit apart staan (omdat Maleis van die Ooste is), maar tog ʼn eenheid vorm met die twee kragte van Wes-Europa en Afrika wat saamsmelt om die brug te vorm wat dan simbolies die basis van Afrikaans uitbeeld.

C. Die podium wat die suidpunt van Afrika verteenwoordig. Op die podium is daar drie rondings, wat die invloed van die Khoi-, Nguni- en Sothotale simboliseer en, anders as die simbool van die Europese tale, in grootte toeneem. Hierdie strukture is só geplaas dat hulle ʼn kurwe vorm wat by die hooflyn (naamlik Afrikaans) aansluit, en so die kring voltooi

D. Waar die twee kurwes van Wes-Europa en Afrika bymekaar kom, word ʼn brug gevorm, wat die versmelting van die twee kontinente se tale versinnebeeld

E. Die hoofsuil van die monument stel die snelstygende boog van Afrikaans en sy versnellende groei voor.


F. Saam met die hoofsuil in die poel staan daar nog ʼn suil, wat die republiek van Suid-Afrika uitbeeld. Die suil staan los van Afrikaans en het op sigself niks met Afrikaans te make nie, maar met die geheel. Die pilaar is oop na Afrika om aan te dui dat interaksie tussen Afrikaans, Suid-Afrika en Afrika voortdurend plaasvind.


Paarlberg is sowat 500 miljoen jaar oud en is bekend vir die drie reusagtige granietrotse Paarl-, Bretagne-, en Gordonrots. Die inheemse Khoi-stamme het die berg Skilpadberg genoem. Ongeveer in die middel van die terrein waarop die Taalmonument geleë is, is ʼn klipkoppie wat uit groepe granietrotse bestaan. Hulle is almal klein weergawes van Paarlrots en die indruk word geskep dat die natuur dieselfde lyne en kurwes oor en oor op die berg herhaal.
Die argitek van die monument was Johan Carel van Wijk (2 Mei 1926 – 20 Mei 2005) In 1960 tree hy in die huwelik met Erna Marais. In 1963 stig hy sy eie praktyk wat mettertyd uitbrei tot ʼn maatskappy met vennote, direkteure en kantore in Verwoerdburg, Johannesburg, George, Mosselbaai en Mmabatho. In 1993 trek hy en Erna na Wildernis in die Suid-Kaap, waar hy woon tot met sy dood. Van al die projekte wat Jan in sy lewe aangepak het, het sy magnum opus, die Taalmonument in die Paarl, die naaste aan sy hart gelê. Dit is dan ook gepas dat sy as in ʼn granietrots op die terrein ingemessel is. Dit is sekerlik nie toevallig dat dit dieselfde rots is waarby hy en sy vrou op ʼn dag in 1964 tot rus gekom het toe hulle ter voorbereiding vir sy ontwerp die berg verken het nie.

Canon 60SX HS Powershot
Brandpuntafstand : 3.8 mm
Tyd 1/1000 sek
f/4
ISO 100
AV Mode

Views: 53

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on January 14, 2018 at 6:51pm

Huey ek hou van jou foto; pragtig skerp

Ek stem saam dat jou 'editor' die bossie links kan uithaal net vir die ekstra eenvoud.

Elna baie dankie vir die sinvolle inligting en veral hoe jy van A - F die indeling op die foto wys.

Comment by Doretha Kock on January 13, 2018 at 8:27am

Pragtig geneem Huey. Julle maak 'n goeie span.

Comment by Dine Potgieter on January 13, 2018 at 12:13am

Baie mooi - en interessant.

Comment by Neville Hein on January 12, 2018 at 8:26pm

Dankie vir die inligting en 'n pragtige foto Huey/Elna.

Comment by Elsa crous on January 12, 2018 at 5:15pm

Fantastiese mooi volledige foto van die monument 

Comment by Josef Steyn on January 12, 2018 at 4:46pm

Omvattende simboliek en 'n pragtige foto. Geluk Huey!

Comment by Anita du Toit on January 12, 2018 at 4:18pm

Baie goed gedoen Elna/Huey!

Comment by Gerrie Lambrechts on January 12, 2018 at 3:46pm

Baie mooi foto, dankie vir die inligting.  Toe ek daar gewees het was ek nog dom met fotografie.

Comment by Rita Koen on January 12, 2018 at 3:36pm

Pragtig Elna.

Comment by gabriel parsons on January 12, 2018 at 3:34pm

Elna, huey dit is n baie mooi saam werk poging. Miskien die bossie wat links uitloer uithaal?

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html