Julle is die beste.....dankie vir die waardering van gister se foto. Dis so lekker om raad en daad te ontvang. My Taalmonument reeks nader nou die einde met nog een foto wat ek môre sal plaas

"Regs (oos) van die aantrede is ʼn podium (C) wat die suidpunt van Afrika verteenwoordig. Op die podium is daar drie rondings, wat die invloed van die Khoi-, Nguni- en Sothotale simboliseer en, anders as die simbool van die Europese tale, in grootte toeneem. Hierdie strukture is só geplaas dat hulle ʼn kurwe vorm wat by die hooflyn (naamlik Afrikaans) aansluit, en so die kring voltooi"

Canon 7D met Tamron 16-300 mm lens
Brandpuntafstand : 28 mm
Tyd 1/2500 sek
f/11
ISO 1250
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode

Views: 66

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on January 12, 2018 at 2:40pm

Baie mooi Elna met ons Bolandse berge in die agtergrond.

Alles is mooi in plek.

Ek geniet jou reeks.

Comment by Rika Schoeman on January 11, 2018 at 3:09pm

Die berge vorm 'n mooi agtergrond en kontrasteer goed met die voorgrond Elna. 

Comment by Anita du Toit on January 11, 2018 at 1:03pm

Die simboliek is goed beplan met die oprigting van die Taalmonument.. dankie hiervoor.

Comment by Tersia Weitsz on January 11, 2018 at 12:39pm

Dankie vir die inligting, dis werklik mooi gedoen

Comment by Josef Steyn on January 11, 2018 at 11:36am

Mooi foto en dankie vir die verduideliking van die simboliek.

Comment by Gerrie Lambrechts on January 11, 2018 at 11:01am

Mooi komposisie en en goed geneem.

Comment by Doretha Kock on January 11, 2018 at 8:08am

Ditto op die goeie komentaar. Pragtig, Elna.

Comment by Willie Schoombee on January 11, 2018 at 7:17am

Die een het jy baie goed uitgevoer Elna met ñ goeie komposisie , die bietjie groter voorgrond werk ook baie goed vir die foto. WD!

Comment by jan jordaan on January 11, 2018 at 7:10am

PRAGTG 

Comment by Rassie van Graan on January 11, 2018 at 6:51am

Mooi en interessant!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html