Winburg was die eerste dorp wat gestig is in die Vrystaat deur die Voortrekkers en was aanvanklik aangewys as die plek waar die Voortrekkermonument opgerig sou word. Dit is egter in Pretoria opgerig, maar in 1960 het Winburg wel sy eie Voortrekkermonument gekry! Die suile (simbolies) dra die name van die voortrekkerleiers Piet Uys, Andries Hendrik Potgieter, Andries Pretorius, Piet Retief en Gerrit Maritz. Die verskillende lengtes daarvan dui die afstande aan wat die betrokke leiers getrek het. Op 16 Desember gaan die son direk oor die monument en verlig 'n gedenkplaat waarop Bybelverse geskryf is. Die begraafplaas en tuin van herinnering wat naby die monument geleë is, kan ook besoek word. Die monument is ontwerp deur Hans Hallen.

Views: 37

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Pieter Steyn on June 12, 2019 at 5:55am

Baie mooi foto - dankie vir die inligting altyd lekker op te lees

Comment by Pine on June 11, 2019 at 8:30pm

Pragtige foto en baie interessante inligting Vida. B.G.G !!

Comment by Donald Daniel Jacobs on June 11, 2019 at 7:00pm

pragtig

Comment by Tina le Grange on June 11, 2019 at 6:15pm

Vida baie mooi beligting, skerp fokus, portret-komposisie en dankie vir die geskiedenis.

Ek hou van die raam, jy kan, as jy wil, oorweeg om die buitekantste raam bietjie breër te maak en die binneste fyner maar dit is nie 'n moet nie - sonder net nog 'n idee.

Comment by Josef Steyn on June 11, 2019 at 3:59pm

Treffend en dankie vir die geskiedenis daarvan en inligting daaroor.

Comment by Elna Geringer on June 11, 2019 at 3:21pm

Lieflik en dankie vir die inligting Vida. Ek het al 'n paar keer gewonder of die monument nog instand gehou word. Ons was iewers in die 90's laas daar. 

Comment by Anita du Toit on June 11, 2019 at 12:44pm

Dit is interessante inligting en pragfoto Vida.. dankie daarvoor!

Comment by Tersia Weitsz on June 11, 2019 at 11:28am
Pragtgige foto, Vida
Comment by Marenschia Goosen on June 11, 2019 at 9:15am

Mooi geneem Vida. Dankie vir die inligting daarby

Comment by Gerrie Lambrechts on June 11, 2019 at 8:05am

Baie mooi geneem. Jy het dit mooi in die omgewing ingepas.  Ons kan so dankbaar wees dat ons verlede nie heeltemal vd tafel afgevee is nie.  Het mos ook "gestruggle"

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html